Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Romeine 2:28,29: “Nie hy is ’n Jood wat dit uiterlik is nie... Nee, hy is ’n Jood wat dit innerlik is, en dit is besnedenheid wat in die hart gedoen is deur die Gees, nie volgens die wetsvoorskrifte nie. So iemand ontvang lof, nie van mense nie, maar van God.”

Wat onderskei ons in God se oë? Soms gebruik mense die term “ware, wedergebore Christen” om Christene te beskryf. Dis vreemd. Is elke Christen nie waarlik wedergebore nie? Wat anders is ons dan?

Hierdie uitdrukking is vreemd vir twee redes. Eerstens kan diegene wat dit gebruik soms as arrogant oorkom wanneer hulle ander Christene beoordeel. Tweedens weerspieël dit ’n kommerwekkende aspek van die Christendom vandag – ’n mens kan blykbaar as ’n Christen beskou word sonder om te verander. Dis hoekom mense probeer beskryf wat ’n Christen ‘regtig’ is.

Paulus sê vir die Christene in Rome dat God op ’n ander manier na ons kyk. Dit maak nie saak of jy besny is of deel van’n spesifieke volk is nie. Jou agtergrond bepaal nie jou identiteit voor God nie. Wat ons onderskei is nie ons nasionaliteit, ras of kerkverband nie, maar of ons deur die werk van God se Gees nuwe mense is. Jy is spesiaal in God se oë omdat sy Gees ons in Christus verander het. Dis hoekom ons Hom met ons hele hart dien and anders lewe.

Here, dankie dat U deur u Gees verandering in my lewe teweeg bring. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A #N/A #N/A