Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hosea 12:10: “Maar Ek is die Here jou God van Egipte se tyd af. Ek gaan jou weer in tente laat woon soos in die woestyntyd.”
Ons voel soms asof ons ’n doodloopstraat bereik het, verlore in die wildernis. Michael Card sing oor die woestyn, wat die plek is waar Israel se “self” weggestroop is. Hierdie woestyntyd is nie noodwendig sleg nie. Lyding is dikwels ’n nuwe begin saam met God.
Die name Jakob, Juda en Efraim word in die boek Hosea gebruik om die sondes van God se volk uit te lig. Jakob roep ’n geskiedenis op van iemand wat God se seën deur sy eie pogings wou verkry. Jakob se gees bly voortleef in Israel. Dit simboliseer ’n lewenswyse. Jakob as voorvader verwys na dislojaliteit (12:1), bedrog (12:2), vlugtelingskap (12:4) en selfstandigheid (12:8). Gilead, hoewel ryk, het geen hulp in sy rykdom gevind nie. Israel weerspieël Jakob in alle opsigte, bestem om weer slawe te word (12:13-14)
Die Here begin ’n nuwe verhouding met sy mense. Hy wil hulle terugneem na die woestyn waar hulle Hom die eerste keer liefgehad het (12:10). In die woestyn sal hulle onthou wie regtig vir hulle omgee. Daar sal die Here hulle genees.
Wat sê God dalk vir jou in jou woestyntye? Miskien is dit ’n nuwe begin waarin Hy jou deur Jesus Christus gaan genees van jou gebrokenheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie