Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 38:5: “Ek het jou gebed gehoor en jou trane gesien; Ek sal vyftien jaar by jou lewe voeg.”
Die planne van God is besig om te verander! Is dit moontlik? Is God se planne nie onveranderlik nie? Baie mense glo dat alles vooraf deur die Here beplan is en dat elke dag net volgens hierdie “ewige plan” gebeur.
As ons dink dat God nie kan verander nie, aanbid ons net ’n afgod. God is bloot noodlot. Elke gebeurtenis in jou lewe is net die uitvoering van sy ewige besluite. Ons het geen keuse of verantwoordelikheid nie.
Die verhaal van Hiskia daag ons vooropgestelde idees uit. Hiskia is op die randjie van die dood, tog verander God sy “plan”, sy “besluit” en gee hom meer jare om te lewe. Hoekom? Omdat God nie ’n veraf en onveranderlike afgod is nie. Hy is eerder die lewende God wat intiem by ons betrokke is (sien ook Jona 3:4).
Ons kan met vertroue voor die Here kom met ons lyding en pyn. Hy sukkel nie om te hoor nie. Hy luister graag. Deur die verdienste van Jesus het ons onbeperkte toegang tot sy troon van genade. Ons kan ons harte voor die lewende God uitstort. Jesus het ons aangemoedig om te klop, te vra en te soek. Wanneer ons dit doen, sal deure oopgemaak word, oplossings gegee word en sy teenwoordigheid geopenbaar word (Matteus 7:7-12).
Ewige God, ons dank U dat U ons hoor in ons tye van nood, deur Jesus Christus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie