Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Kolossense 2:6,7: “Aangesien julle dus Christus Jesus die Here aangeneem het, bly leef in Hom; in Hom is julle gewortel en in Hom word julle opgebou en versterk in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle oorvloedig is in dankbaarheid.”
Net soos ’n plant goeie grond nodig het om te floreer en ’n huis ’n sterk fondament nodig het, het ons Christus nodig om te floreer. Ons lewens sal uitmekaar val as dit in enigiets anders geanker is.
Paulus waarsku teen dwaalleraars wat ons van Christus af wil weglei. Hulle wil ons verhinder om net aan Hom verbind te wees (2:8). Ons gee toe aan hierdie versoeking wanneer ons begin glo dat ander magte in beheer is. Dan doen ons allerhande godsdienstige dinge om hierdie “god” tevrede te hou (2:9). Ons begin glo dat ons die guns van God deur ons dade moet wen, al is hierdie “god” net ’n God wat ons gevorm het om by ons voorkeure en behoeftes te pas.
In die vorige hoofstuk skryf Paulus dat Christus die wêreld gemaak en teen bose magte gewen het. Hy het die dood oorwin. Hy het hemel en aarde versoen. Hierdie Christus woon in ons. Ons is aan Hom verbind. Daarom is dankbaarheid ons gepaste reaksie. Ons is in goeie grond geanker. Ons is uit die duisternis gered. Ons is vry van die bose magte.
Here, vul my lewe met dankbaarheid omdat U my deur Christus gered het. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie