No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Kolossense 3:16: “Leer en vermaan mekaar, in alle wysheid, deur met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God te sing.”

Dankbaarheid is die kern van die Christelike geloof. Georges Florovsky, ’n Oosters-Ortodokse geleerde, het Christelike aanbidding beskou as die mens se antwoord op God se roeping en sy magtige dade, wat in Jesus Christus die hoogtepunt bereik het.

Paulus sê in Kolossense 3 dat gelowiges die nuwe lewe en ’n plek in die hemel deur God se genade ontvang het. Dankbaarheid is die regte antwoord hierop. Ons is dankbaar vir God omdat Hy ons onvoorwaardelik liefhet, nie om sy liefde te verdien nie. Daarom is elke psalm, gebed of aksie van Christene ’n uitdrukking van dankbaarheid vir die verlossing wat die Here aan ons gegee het.

’n Nederlandse predikant het eenkeer gesê dat selfs in ’n hopelose erediens, onbegryplike prediking, of ’n vyandige gemeente – as ’n psalm gesing is, is die diens reeds sinvol, want die uiteindelike doel van ons bestaan, soos Calvyn gesê het, is om God te verheerlik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!