Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Lukas 18:14: “Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.”
Geestelike arrogansie is ’n doodskoot vir Christene.
Die wortel van alle sonde is hoogmoed en die daaropvolgende gebrek aan liefde.
In die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar spreek Jesus dit aan. Sommige mense dink hulle is regverdig in God se oë en sien op ander neer (Luk. 18:9). Geestelike hoogmoed in ons bloed. Wanneer ons dink ons pogings vir God is beter as ander of dat ons die waarheid ken en hulle nie, is ons hoogmoedige en liefdeloos.
Die Fariseër het ’n merkwaardige CV. Hy dank God vir sy vroomheid. Tog ignoreer hy ’n belangrike feit. “Hy kyk na God, maar dink aan homself,” het iemand opgemerk. Vroomheid of godsdiensbeoefening maak ons nie regverdig in God se oë nie. God se onverdiende guns is die bron van ons geregtigheid (Luk. 18:13).
Dit word verder geïllustreer in die verslag van kinders (babas in hierdie konteks) wat na Jesus gebring is (Luk. 18:15-17). Die koninkryk van God behoort aan hulle wat, soos babas, nog niks verstaan of nog geen goeie werke kan doen nie.
Hierdie gedeelte waarsku daarteen om verlossing te soek in persoonlike pogings of om ander te evalueer op grond van godsdienstige prestasie. Verlossing is geheel en al ’n produk van God se genade.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie