No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Johannes 15:12: “Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.”



Iemand vertel dat hy ’n Christen geword het na ’n ernstige siekte. Dit was nie die siekte wat hom na Christus gelei het nie. Dit was die onvoorwaardelike liefde van Christene wat geduldig vir hom en sy gesin omgegee het, al was hy nie ’n Christen nie.

Wyle professor J.H. Bavinck het eenkeer ’n kerkinwyding bygewoon. Drie vensters in die kerk het die woorde in hierdie volgorde vertoon: geloof, hoop en liefde. Dit, skryf Bavinck, weerspieël die “drie-eenheid” Christelike lewe: geloof lei tot hoop en liefde. Buite die kerk keer die orde om na liefde, hoop en geloof. In die alledaagse lewe kan liefde tot hoop en uiteindelik tot geloof lei.

Ongelowiges word na die kerk aangetrek deur die liefde van Christene, eerder as wat ons verkondig. Hulle word nie maklik oortuig deur argumente of leerstellige waarhede nie. Daar is altyd teenargumente. Liefde kan nie weerspreek word nie. Die liefde van Christus is ’n taal wat mense kan verstaan.

Tog is hierdie liefde ’n groot uitdaging. Jesus sê vir ons dat ons liefde sy liefde vir ons moet weerspieël (Joh. 15:12). Dit sal offers vra (Joh. 15:13). Wanneer ons op hierdie manier liefhet, word ons lewens dade van aanbidding in alledaagse situasies – by die werk, in ons gesinne en tussen mense wat God nodig het.



Here, skenk my u liefde, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!