Die groot boom het geval
Namibië is Hage Geingob se land. Namibiërs is Hage Geingob se mense. Die Namibiese ervaring is Hage Geingob se skepping.
Nou is Hage Geingob nie meer hier nie. Tog bly ons steeds in Hage Geingob se Namibiese huis.
Hierdie huis is nie volmaak nie. Daar is krake in die mure waar die individuele, menslike boustene nie mooi langs mekaar pas nie. Tog is die mure steeds stewig en die dak hou nog die wind en die reën uit, al pas nie almal binne nie. Alle Namibiërs is steeds welkom. So ook ons buurmense van ander lande. Die huis in die woestyn is steeds vol liefde en hoop en bedrywig.
Dit is die huis wat Hage Geingob gesien het en dit is die huis wat Hage Geingob saam met ons gebou het. Die grondwet waartoe almal ingestem het, is die plan van ons Namibiese huis. Die sterk instellings waarop hy altyd aangedring het, verseker die ligte in die huis skakel aan, daar is water in die krane en die vensters maak dig toe. Ons verkiesing later vanjaar is soos skoonmaak met die aanbreek van die lente en waarna elke huiseienaar behoort te streef.
Daarvoor is ek dankbaar.
Sy selfvertroue, sy hardkoppigheid, sy vasbeslotenheid los vir ’n jong nasie ’n ryk nalatenskap agter.
Ons woordvoerder vir die wêreld, ons eerste eerste minister, ons derde president het oor die jare Namibië versorg. Hy het Namibië gekoester, hy het die land grootgemaak nog voordat dit onafhanklik geword het en ook deur sy kleuterjare. Later, toe Namibië ’n jong volwasse word, was dit Hage Geingob wat die hoofsitplek aan die tafel ingeneem het. Ten spyte van ons stoutigheid, het hy ons op koers gehou.
Sukses kan 'n mens se karakter so seker soos mislukking toets. As land sou Namibië nog baie kon baat uit Hage Geingob se ervaring, insig en menswees.
Ons is nou op ons eie. Die verlies van ’n ouer is iets wat mens nooit werklik verlaat nie. Om sonder daardie gesag jou eie pad deur die kronkelpaaie van die lewe te vind en dit sonder 'n gesagsfiguur raak soms oorweldigend. Hoe seker is jy wat is reg en wat is verkeerd? Hoe weet jy wat om te doen? Hage Geingob laat vir ons almal 'n voorbeeld agter.
Hy was ook net 'n mens en nie sonder sy foute nie. Sy voorbeeld is nie volmaak nie.
Dit is wel ’n voorbeeld van wat ’n Namibiër met sy lewe kon vermag. Dit is ’n voorbeeld van ’n leier, ’n mededinger, ’n vriend en ’n vennoot. Van ’n pa en ’n eggenoot, ’n vasbeslote man wie jaar na jaar aan sy passie gewerk het.
Namibië was sy passie. Daarvoor is ek dankbaar.
Danksy Hage Geingob kan ek ook nou met passie sê ek is ’n Namibier. Ek kan ook so trots op my land en my mense wees soos hy was. Ek kan ook nou en dan spog moet ons prestasies, ek kan met eerlikheid ons geskiedenis erken, ek kan bydra tot ons hoop en ons drome vir die toekoms. Ek kan die beste van Hage Geingob navolg. Hy was ook my president. Daarvoor is ek dankbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie