Iréne-Mari van der Walt
Iréne-Mari van der Walt

Die Plath in ons almal

Iréne-Mari van der Walt
Ek wens ek weet hoe dit gebeur het, maar Sylvia Plath het sedert haar dood in die sestigerjare een van die literêre figure geword waarby vroue van my ouderdom skynbaar die meeste aanklank vind.

Die BBC sê Plath se naam het sinoniem geword met vroue se angs. Hoe hartseer is dit nie dat ֹ’n skrywer wat die uiterste voorbeeld van ’n mens met geestesversteurings was en steeds is, vir baie vroue die enigste stukkie aanklank is wat hulle in hierdie wêreld kan vind nie.

Ek dink dit spreek tot die druk waaronder ons in ons daaglikse lewe is. Die druk om mooi, maer, suksesvol, oulik en vroulik te wees, was nog nooit so groot soos nou nie.

Vroue moet nou ook voltyds werk om net die pot aan die kook te hou – waar dit dekades gelede soveel makliker was. Mans het net een werk gehad en hulle het dit tot die beste van hul vermoëns gedoen. Dit was genoeg vir hulle om hul vrou, kinders en huis te onderhou.

Deesdae werk die man en vrou albei in byna onmoontlike toestande en moet elkeen elke dag ’n haas uit die hoed trek om dit net tot die einde van die dag te maak. Dit, in baie gevalle, net om genoeg geld te verdien om van brood alleen te lewe.

As die druk by die werk die druk in jou finansies verlig het, was dit darem iets, maar deesdae druk alles, die werk, die finansies, die sosiale lewe, en dit skep ’n gespanne atmosfeer by die huis wat nóg meer druk veroorsaak.

Selfs as jy wil wegbreek in jou selfoonskerm raak die druk meer wanneer die Instagram-modelle nog iets wat groen is aan jou probeer verkoop en sê dít is wat hulle so maer soos ’n tandestokkie gemaak het. Dan ervaar jy nie net die druk om die “groen goed” te koop nie, maar ook die druk om maerder te word.

Hoe lekker is dit nie vir my om te kyk na foto’s van die wyle skrywer nie en net ’n gewone vrou te sien. ’n Vrou wat nie ’n groen drankie of die nuutste modegier aan my probeer afsmeer nie. Sy is ’n vrou soos ek en baie ander wat nie botox in haar voorkop, wange, lippe, onder haar oë, by haar mondhoeke, in haar ken en/of by haar kakebeen laat inspuit het nie. Sy dra nie wit oogpotlood om haar oë groter te laat lyk nie en sy het nie ’n “cat eye” op haar oë geteken om dit meer vleiend te laat lyk nie.

Is dit elke gewone vrou se lot om deur die wêreld se druk na ons einde gedryf te word? Sal ek minder mal voel na ’n paar inspuitings?

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!