Kom ons wees eerder konstruktief
Ek het onlangs ’n gesprek met een van my kollegas gehad oor wat tans in die land aan die gang is ná die uitspraak van die hooggeregshof oor selfdegeslaghuwelike en die storm wat daarna losgebars het.
Aan die een kant is daar die mense wat jubel oor die uitspraak. Dit is homoseksuele mense en hul ondersteuners, ouers en sibbe.
Aan die ander kant is die kerke en politici wat ’n geleentheid sien.
In die middel is egter die meerderheid wat glad nie omgee nie en nie ’n mening hieroor het nie. Hulle stel nie belang wat die ander twee minderhede wil hê of sê nie. Hulle aandag is by veel groter probleme as wat twee volwasse mense in die privaatheid van hul huise doen.
Die oorgrote meerderheid landsburger het nie lopende water of krag in hul huise nie. Hulle sal betrokke raak in gesprekke wat dié probleme takel en opgewonde raak daaroor.
Werk is skaars en dit beteken nie elke huishouding kan elke dag ’n bord gesonde warm kos vir hulle kinders gee nie. Soms is daar net nie kos nie en dit is die meerderheid se realiteit.
Hulle geen nie om of twee mense van dieselfdegeslag met mekaar wil trou of nie. Hulle gee ook nie om oor die ander kant wat ’n God van liefde dien, maar nou vir ander mens wat mekaar lief het, wil voorskryf wie en wat hulle mag liefhê nie. Hulle het groter en ernstiger probleme.
As mense in die gelukkige posisie is om ’n werk te hê, moet die ma’s hulle kinders in die sorg van ander mense of familielede los in die hoop dat hulle veilig is.
In Namibië word elke naweek vroue en kinders verkrag en dikwels deur iemand wat hulle ken. Dit is die meerderheid se realiteit en dan is daar geen optog of iemand wat vir hulle baklei nie.
As hulle gelukkig genoeg is om te werk, is die hoop dat die werkgewer sal sê “vat die oorskiet en die brood huis toe”, want dan weet hulle vanaand is dit nie net pap op die spyskaart nie. Dit is die probleme waarmee talle Namibiërs elke dag moet saamleef en hulle sien nie ’n lig aan die einde van die tonnel nie.
Ons het so baie probleme in die land; regte probleme wat dringend getakel moet word.
Onlangs het 16 lede van een familie in Kavango gesterf nadat hulle pap geëet het. Die mense het gesterf omdat hulle nie kos gehad het nie en pap met mahangu – wat vir ’n tradisionele brousel gebruik is – te maak.
Die armoedesyfer vir die streek is tans 80%. Dis regte probleme waarmee kerke en politici hulself mee besig behoort te hou en oplossings voor te vind. Die armoede en honger raak baie meer Namibiërs as ’n wet oor of homoseksuele mense mag trou of nie.
Kom ons help mekaar en sorg vir mekaar sodat niemand meer van honger in die land moet sterf nie, eerder as om mekaar te veroordeel en klippe te gooi.
Kom ons wees positief en konstruktief.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie