Lag saam
Van RiaanC:
’n Vrou het rondom Manhattan geswem. Die rede, sê sy, is dat niemand dit nog ooit gedoen het nie. Wel, as sy iets wil doen wat niemand nog ooit gedoen het nie, kan sy my woonstel kom stofsuig. Niemand het dit nog ooit gedoen nie. – Rita Rudner
~~~~~~~~~~~~~~
Uit pastoralcareinc.com:
Die moeë dominee wil ’n bietjie rus, maar sien deur die venster ’n praatsieke lidmaat naderstap. Vir haar is hy vandag nie lus nie. Hier het hy sy vrou nodig! Hy sê vir sy vrou: “Ek sal bietjie gaan slaap totdat sy weg is.” Ná 'n uur stap hy op sy tone sitkamer toe en luister. . . nie ’n geluid nie. Hy roep na sy vrou: “Skat, is daardie ou praatkous toe weg?” Die volgende oomblik besef hy dat sy nog daar is. Krisisoomblik! Maar sy vroutjie antwoord onmiddellik: “Ja, Skat, sy is al ’n uur gelede weg. Intussen het me. Jones kom kuier!”
~~~~~~~~~~~~~~
Van AlidaG:
Gesien op WhatsApp: Ek is nou al vir ’n hele ruk lank enkellopend; ek moet sê, dit gaan nogal goed. Dalk is ek die regte een vir my.
~~~~~~~~~~~~~~
Uit The Wizard of Id:
Seuntjie: “Wil Oom assuransie by my koop?” Oom: “Hoekom sou ek assuransie by ’n kind koop?” Seuntjie: “Want ek sal daar wees om dit uit te betaal.” Oom: “Ek hou van jou styl, kind.”
~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede vir die week:
* Ek glo daar is iets daar buite wat ons dophou. Ongelukkig is dit die regering – Woody Allen
* Die probleem in hierdie land is dat ons selfs in die goeie tye mense het wat uit eie keuse op straat slaap. – Ronald Reagan
* Thomas Jefferson het eenmaal gesê: “Ons moenie ’n president aan sy ouderdom beoordeel nie, slegs aan sy dade.” En sedert hy dit vir my gesê het, bekommer ek my nie meer nie! – Ronald Reagan

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie