Ma’s en hul dogters
Ek het ’n rukkie terug oor ma’s en hul seuns geskryf en besluit om met die ma’s van meisies in die kantoor te gesels.
My broer het twee dogters en ek onthou toe hulle nog klein was en by my oorgeslaap het, het hulle in die oggende douvoordag langs my bed kom staan en vir kos gevra. Natuurlik het ek hulle geïgnoreer, want kom ons wees eerlik, die son was dan nog nie eens op nie.
Die oudste het dan in ’n fyn stemmetjie gesê: “Asseblief, ons is honger en ons vra so mooi.” Niemand kon dié versoek ignoreer nie.
Ons het egter daar en dan besluit om hulle te leer. Nadat ons opgestaan het, het ons vir hulle die papbakkies op die onderste rak in die kas gesit met lepels in. Langs die bakkies is die papboks gesit.
Die melk is ook binne hul bereik gesit. Ons het hulle gewys waar alles is en hoe om te maak. Dit was die laaste keer dat ons voor sonop oor pap wakker gemaak is. Later het hulle dit geniet om vir ons ontbyt in die bed te bedien.
Hulle het koffie met roosterbrood en roereiers gemaak. Die koffie is eerste gemaak omdat dit die belangrikste is en dan het hulle met die kos begin. Hulle het egter alles saam bedien. Dit beteken dat die koue koffie die beste koffie was wat ons nog ooit gedrink het.
Hulle het hande gevou voor die bed bly staan en met groot oë gekyk hoe die laaste happie en slukkie verorber word. Ek dink hulle wou dalk ook net seker maak dat alles wel opgeëet word.
Die ma’s in die kantoor het almal gesê hulle maak hul dogters groot soos hul ma’s hulle grootgemaak het.
Hoewel hul dogters beide nog onder die ouderdom van sewe is, word hulle van kleins af geleer om selfstandig te wees en agter hulself skoon te maak en hand by te sit.
“Wanneer my dogter met haar bottel mors, bring ek die lappie en sy vee dit op.”
Die ouer dogtertjie trek self aan en gooi al haar vuil klere in die wasgoedmandjie, want ma duld nie dat goed op die vloer rondlê nie. Ook kamerskoonmaak is vanselfsprekend.
Sy is ook die een wanneer ma in die kombuis besig is – veral as dit baktyd is – om op ’n stoel te staan en hand by te sit. Sy breek die eier en roer die meel.
Volgens ma raak sy opdringerig as sy nie hand mag bysit nie en wanneer ma iets vergeet of nie die regte volgorde volg nie, dan word ma vinnig reggehelp.
Haar gunsteling-speelding is haar Barbie-pop en ’n teestel. Sy bedien tee en happies vir haar pop en sê dan met trots: “Net soos mammie dit altyd doen.”
Beide die meisies doen wat mamma doen.
“As ek besig is en vinnig iets in die kombuis wil maak om te eet en haar nie op haar stoel sit nie, dan word ek vinnig gevra hoekom sy nie vandag vir mamma mag dophou nie? Sy is nog baie klein, maar sy na-aap my omtrent met alles wat ek doen en só leer sy by my.”
“Hulle moet vinnig leer, nie net om selfstandig te wees nie, maar ook om kos te kan maak en skoon te maak. Die lewe is nie maklik nie en as jy as meisie of vrou op jou eie kan staan en vir jouself kan sorg sonder dat jy afhanklik van enigiemand is, is die helfde van die stryd gewen.”
Ek wil afsluit met my kollega se opsomming: “Wanneer ’n meisie sê sy soek ’n man soos haar pa beteken dit nie sy soek ’n “sugar daddy” nie. Dit beteken sy soek ’n man wat haar sal behandel soos haar pa haar ma behandel. Wanneer ’n seun egter sê hy soek ’n vrou soos sy ma beteken dit dat hy eintlik iemand soek wat agter hom skoonmaak en hom bedien.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie