‘n Tikkie malligheid
Dis wat ek het. Net ’n tikkie malligheid. Of soos Hilda van 7de Laan sou sê: “Net ’n titseltjie.” Almal moet so nou en dan die doepa drink. Van malligheid natuurlik. Of is daar regtig mense wat heeldag suurknolle is.
Blykbaar is daar baie van hulle in die nuuskamer. Jy sal so nou en dan uitgeskel word. Uitskel is nie die eintlike woord wat ek wil gebruik nie, maar nou ja. En dan kry jy die groentjies wat dink hulle kan jou ook uitskel.
Blykbaar raak die proeflesers na ’n paar jaar keelvol. Ook nie die woord wat ek wou gebruik het nie. En blykbaar was die nuuskamer in die verlede ’n meer opwindende en woelige plek.
Stel jou voor: Rolf se dae, waar almal in die nuuskamer gerook het. Ek kan my indink hoe die een vloekwoord na die ander oor die vloere heen geslinger word. Maar dit is normaal, want almal verstaan wie die bliksems is waaroor jy so gevaarlik swets. Ek sou wat wou gee om daardie tyd ’n rookwalm in die nuuskamer te wees.
So hoor jy maar die stories van destyds se karakters.
Almal van hulle het seker “unresolved issues” – die hele lot van hulle. Daardie joernaliste het ’n tikkie rowwigheid gehad. Dié wat oorgebly het, het dit nog steeds, maar hulle is nou ietwat meer prim en proper.
Soos hulle ouer raak en weggaan, verdwyn die stories ook saam met hulle. Ek wil selfs so ver gaan om te sê goeie joernalistiek het ook verdwyn.
En wanneer die boustene en die fondasie ’n bietjie onstabiel raak, ly veel meer daar onder.
Maar wat bly agter? Afgewaterde joernalistiek. Of dalk nie?
’n Nuwe, opwindende era van tegnologie dalk? Namibië is so agter met tegnologie. Die wêreld daarbuite beweeg aan en ons sloer voort.
Maar nietemin, soos my amper-skoonpa sal sê.
Want ons moet aanbeweeg. Stagnasie is vir muskiete. Wie wil nou ’n muskiet wees?
Blykbaar moet ek meer Engels lees om beter te kan skryf. Wie wil nou Engels lees? Ek moet. Ek moet my koloniale voorvaders en hul taal ook omhels.
Aangesien Engels ’n universele taal is, moet ek dit ook goed kan skryf. Is dit nie genoeg dat ek dit praat nie?
Daar is baie hartseer dinge in die lewe, maar my Engelse skryfkuns is gelukkig nie een van hulle nie. So, is dit nie genoeg nie? Ek kan darem ’n paar ordentlike sinne saamflans. Blykbaar nie as jy twee weeklikse uitgawes het wat in Engels geskryf moet word nie.
Maar ons almal probeer.
Ek sal die Engelse taal ook oorwin en hulle land en kultuur gaan oorvat; op die Afrikaanse manier. Almal word net met braaivleis en biltong omgekoop. En vir opwinding word hulle met ‘n klipharde roosterbrood gegooi. ’n Nuwe wêreld waar ons almal saam jig en cholestrol gaan kry.
Ek is soos die proeflesers ook keelvol; omdat ek kan wees. Maar ek verkies liewer om mal te wees. Of soos ‘n “energizer bunny” - maar ook net soms, want my energie loop al op reserwes.
Dit is daardie tyd van die jaar waar die nuwejaarsvoornemens na volgende jaar oorskuif. Miskien is daar die laaste energie oor wat ook net-net besig is om uit te loop. Die laaste energie wat ons het, gebruik ons om suurknolle te wees.
Maar hou aan! Nasa sê dinge is bietjie “af”, miskien kom die Koninkryk. Wat beteken dit is tyd om ons alies in rat te kry en ons sokkies op te trek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie