Nog ’n jaar om wat te doen?
Ek het vroeër die week verjaar. Ek is mal oor verjaardae. Ek verjaar gewoonlik die hele week.
Hierdie jaar was egter anders; ek wou niks doen nie. Nie onthaal nie. Nie vir twee dae voor die oond staan en verskeie gebak op ’n mooi gedekte tafel uitpak nie.
Nee. Ek wou net sit. Sit en wonder wat nog ’n verjaardag nou eintlik beteken.
Is ek tien jaar later waar ek wou wees? Nie regtig nie. Luister ek na die stemmetjie wat my druk om hoër hoogtes te bereik of onderdruk ek haar maar vir nog ’n jaar, want ons is almal – net – té – besig.
’n Vriendin sê altyd “enige verskoning sal doen.” Die realiteit is, ons sal altyd ’n verskoning kan uitdink. Daar sal altyd iets wees wat ons dieper in ons gemaksone sal laat insluimer, want dit is só bekend. Ons is soms so bang vir die onbekende.
Dis kinders. En skoolkar. Dis verjaardagpartytjies. En werk. En deadlines. Dis drie maaltye per dag. Gesonde kos. Peuselhappies. Drink genoeg water. Belasting. Rekeninge. Verskonings.
Begin die lewe nie juis buite daardie gemaksone nie? Ek klim nou die dag in my motor en besluit om vir ’n naweek see toe te gaan. Baie nodig. Ná al die gerondhardloop agter niks aan nie. Dis salig, die oop stuk pad. My kop voel skoon. Dis ’n bekende pad see toe, maar dit doen iets vir my siel; elke keer.
Moet die lewe nie meer sulke oomblikke hê nie? Meer van dít wat jy geniet en minder van dít wat die samelewing jou vertel jy moet doen? Die druk wat ons op onsself plaas, is geweldig. Maar wat is die eindresultaat? ’n Naweekwegbreek elke dan en wan? Een lekker lang vakansie aan die einde van die jaar? Is dit genoeg? Werklik genoeg? Of sus ons onsself, wetende dat baie mense ook so voel?
Ek dink dit kom neer waarop jy jou sukses baseer. Geld in die bank? ’n Stewige pensioen wanneer jy aftree? Hoeveel ek al van die wêreld kon sien? My sukses hang af van hoe gelukkig ek is.
Ek het geluk in my kinders gevind. Maar so lief soos wat ek hulle het, skort daar steeds iets. Te min kwaliteittyd. Om hulle te leer waar die werklike sukses in die lewe lê. Om hulle te wys waaruit die wêreld bestaan. Kulture, kos en verskillende mense.
Wanneer laas het jy iets gewaag? Waar jy so ver van jou gemaksone was, dat jy in ’n stadium gedink het jou brawe stap was onverantwoordelik? Dis waar die magic lê. Waag ’n bietjie. Doen daardie iets wat jy nog altyd wou doen. Wat het ons werklik om te verloor?
Ons is op die aarde vir so ’n kort rukkie. Die realiteit is, ons weet nooit wanneer dit die laaste dag gaan wees nie. En as vandag jou laaste dag is – is dit die moeite werd?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie