Onderwys - Opvoeding is nie in die moeras
Verlede week se rubriek het gegaan oor vrae en uitdagings van onderwysers en ander staatsamptenare wat al aftree-ouderdom bereik het.
Ek wou ‘n tweede aflewering daaroor skryf, maar toe vang die skrywe met die hulpkreet,”Hoe kom ons uit die onderwymoeras?” my oog.
Ons onderwysstelsel is tans definitief nie op ‘n goeie plek nie, maar ons is nog ver van moerasstatus. Om die stand van sake aan ‘n moeras gelyk te stel, is nie net onwaar nie, maar dit is ook nie reg teenoor die beleidmakers en onderwyspraktisyns nie. Die metafoor is totaal onvanpas.
Om uit die dryfsand te kom, moet mens tog in die eerste plek weet hoe jy daar gekom het. En, om daar uit te kom, sal baie meer verg as "nie ‘n vreeslike verhewe verbeeldingsvermoë". Inteendeel, as ons die huidige onderwysprobleme effektief wil aanspreek, het ons juis persone nodig met buitengewone inisiatief en verbeeldingsvermoë met grondige onderwyskennis. Hulle moet ook gedrewe mense wees wat bereid is om te waag en onpopulêre besluite te neem.
Die outeur van die brief maak ook melding van leerlinge se hare en haarstyle en maak die onlangse diskoers daaroor af as hareklowery. Gedragskodes vir leerlinge gaan oor meer as hare en haarstyle; dit is maar ‘n aspek daarvan. Die gesprek kon net sowel gegaan het oor skoolskoene of dogters se skoolrompe.
By een skool is dogters huis toe gestuur omdat hulle in broeke by die skool opgedaag het. Gedragskodes skep die ruimte waarbinne onderrig en leer gedy; ‘n gebrekkige gedragskode kan die teenoorgestelde laat gebeur ... chaos. Dit is uit hierdie perspektief dat ek in my rubriek pleit vir ‘n deurdagte, volledige en implementeerbare gedragskode.
Die stelling dat ons “jongste landsburgers nie kan nie kan lees, skryf of tel nie” is aanvegbaar en ongekwalifiseerd. Dit sal die outeur loon om te gaan kyk na een van die Sacmeq-studies.
Die laaste een waarop ek my hande kon lê, is die van 2017. Die stand van sake was glad nie ideaal nie, maar Namibië het beter gevaar as van die ander Afrika-lande.
Individualisering in die onderwys is ‘n ou begrip en is ons almal se strewe. Onderwysers strewe al lank om erkenning te gee aan elke kind se individuele en unieke eienskappe. Individualisering kom egter met ‘n hoë prys en soms moet die “one fits all”-benadering maar goed genoeg wees.
Individualisering vra onder andere vir lae leerling-onderwyser- en leerling-klaskamerratio’s. In Uganda het ek ‘n klaskamer met meer as ‘n honderd leerlinge besoek. Ek glo nie daai onderwyseres sou geduld gehad het met die dissipels van individualisering nie.
In gekoloniseerde Afrika was onderwysgeleenthede uiters beperk vir die werklike eienaars. Geleenthede was geskep om in die behoeftes aan werknemers in bepaalde sektore en op gespesifiseerde vlakke te voorsien. Deelname was uiters beperk.
Na die onafhanklikwording van Afrika-lande het die meeste regerings die onderwys met groot entoesiasme omarm en oopgestel. Wetgewing ie aangeneem en internasionale konvensies rakende universele primêre onderwys en gratis onderwys is met daadkrag onderskryf.
Die werklikheid het egter vinnig tot almal deurgedring: die bronne was eenvoudig nie daar om aan al die verwagtinge te voldoen nie. Die meeste Afrika-lande moes toe terugval op donateurs; baie gesetel in die voormalige koloniale moondhede.
Om alles te kroon, is groot dele van Afrika verder opgevoeter deur selfsugtige en selfgerigte leiers, politieke konflikte en burgelike ontevredenheid. Kyk maar wat nou in baie skole in Suid-Afrika gebeur.
Om nou te wil praat van wêreldstandaarde, wat in elk geval deur eerstewêreldlande gedikteer word, is ‘n bietjie voortydig. Afrika het nog ‘n lang pad om te loop.
Positiewe kritiek uit onderwysgemeenskappe is ‘n goeie ding. Dit hou ons op ons tone. Maar dan moet dit goed in data gefundeer en gebalanseerd wees.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie