Ons taal
Afrikaans en Duits (deel 2)
In ’n vorige bydrae het ek geskryf dat die invloed wat Duits op die ontwikkeling van Afrikaans kon gehad het nog nie grondig ondersoek is nie.
’n Navorsingsprojek hieroor is onlangs saam met kollegas van die Universiteit Duisburg-Essen in Duitsland begin.
Ons het bepaalde woorde en uitdrukkings met dieselfde betekenis in Afrikaans, Nederlands en Duits met mekaar vergelyk, en gevind dat daar ’n beduidende aantal Afrikaanse gevalle is wat “nader” aan Duits blyk te wees as aan Nederlands.
’n Eenvoudige voorbeeld is die Afrikaanse woord “venster”. Die Nederlandse ekwivalent is “raam”, maar die Duitse ekwivalent is “Fenster”. Die logiese gevolgtrekking moet wees dat Afrikaans die Duitse in plaas van die Nederlandse vorm geneem het.
Daar is talle ander soortgelyke gevalle (sommige waarvan ek volgende maal sal noem). Maar dis alles (ongelukkig) nie só eenvoudig nie, want wat ons gedoen het, is om data uit moderne Standaardafrikaans met moderne Standaardduits en moderne Standaardnederlands te vergelyk.
Ons voorlopige gevolgtrekking kan dus hoogstens wees dat bepaalde ooreenkomste tussen moderne Afrikaans en Duits bestaan, wat kan dui op Duitse invloed op Afrikaans.
’n Belangrike vraag moet nog beantwoord word: Wanneer sou hierdie invloed van Duits op Afrikaans uitgeoefen wees? Ons kan twee moontlike periodes identifiseer. Die eerste periode is tydens die vroeë ontwikkeling van Afrikaans (sedert 1650), en die tweede een, beperk tot Namibië, strek van 1884 tot vandag. Volgende keer meer.
Prof. Herman Beyer
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie