No Image Caption

Ons taal

Ongegrendel
Sanet Pearson
Hallo Ma

Ma, het dit al met Ma gebeur dat jy iemand leer ken en dan weet met dié persoon kan jy ’n pad loop? So iemand is vir my Amanda Strydom. Amanda kom Windhoek toe vir die Woordfees en doen haar program Ongegrendel, Woensdag 16 November. Ma, en boonop is ek en sy op ’n dag na ewe oud!

Uit die liedere wat sy sing, is dit asof sy direk uit mý hart uit praat, Ma. Ek verbeel my selfs dat ek so ’n bietjie na haar lyk! Hoewel sy al ’n hele paar CD’s uitgegee het, het sy (anders as ek) nooit as kind formele musiekonderrig gehad nie, en kan sy blykbaar (net soos ek) nie ’n noot musiek lees nie! Weet Ma, sy het op ’n keer die swartmag-saluut gegee na een van haar kabaret-liedjies in die Oude Libertas in Stellenbosch, en daarna is daar dikwels na haar verwys as Amandla!

Mamma, na Ma se vertrek het ek ’n paar keer die voorreg gehad om op te tree – ook in Stellenbosch en in Europa, en om vir Ma te sê wat dit vir my beteken het, is moeilik. Dis nie ’n praat-ding nie; dis ’n voel-ding. Wanneer ek teater speel word ek met iets gevul wat, wat . . . ’n onverdunde skoot vreugde bevat. Blygeit is dalk die regte woord. Want dit is ’n geit-ding hier diep uit die maag uit.

Miskien bied Amanda se lied “Ek glo” ’n manier om iets van haarself en haar liedere te probeer raakvat. Daarin sing sy dat sy (o. a.) glo in bome en in rooibostee, in duine en die see, in skulpe en die son. In kerrie en in Krismis, in vure en vergifnis, in wolke en in fairies, in kitare wat kan raas. In woorde wat nooit wond nie. En dan ook in God en al haar wonders.

Ma, met dié vrou wil ek graag eendag net één lied saamsing. Sal Ma vir my die versoek insit daar waar Ma nou woon?

Kon Ma toe ek nou net die Ek glo-woorde aangehaal het ... kon Ma toe haar stem hoor? Dit moes tog kon ...? Anders, vra tog ’n bietjie by die engele-argief of Ma na Ndiyakholelwa (Ek glo) kan luister. Ma sal dit geniet. Glo my.

Baai my Ma

C

Chrisna Beuke-Muir

Afgetrede dosent

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!