Ons taal
Sit handjie by
Ons taal het meer uitdrukkings met die woord hand as wat jy op jou vingers (en tone!) kan tel. Onwillekeurig dink ek aan die waspoeieradvertensie uit my kinderjare waar die vrou vir haar vriendin sê: “Komaan, sit ’n bietjie handjie by.” Die vriendin is dan iets soos haar handlanger. Waar kom dié woord vandaan? Ek het dit gehoor in die TV-reeks Maplotters waar een karakter gesê het: “Kom maak tog my hande langer!”
’n Helpende hand is dus ’n verlengstuk van die ander se hand – of arms, in die geval van die advertensie waar die vrou haar silwerskoon beddegoed oor die dubbelbed gooi. Ons sê ons het net twéé hande, wanneer ons nie kans sien om nóg werk te kry nie.
Iemand wat met die hand in die sy staan, doen niks. Iemand met die hande oor die maag gevou, is selfvoldaan of selftevrede. Iemand met die hand op die mond, bedwing homself. Iemand met ’n toe hand is suinig, en met ’n oop hand, is vrygewig.
As sy hand te swaar is, is hy hardhandig of selfs te vrygewig met die hulpbron tot sy beskikking, veral drank. Miskien moet ’n maat dan eerder maar die volgende glas van die hand wys. Dan is daar ook nog twee pragtige uitdrukkings wat waarsku dat ’n projek selfs nog op die laaste oomblik kan misluk. Ek dink ons almal ken die eerste een: van die hand na die mond val die pap na die grond. Maar ek het vandag vir die eerste keer ook gehoor: van die hand na die tand val die pap in die sand.
Petronella F Genis
[email protected]
Facebook: Woordspoor
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie