Ons taal
Die passievlam vir Afrikaans is aansteeklik – hou dit aan die brand!
Daar is min dinge wat enige ’n Afrikaanse opvoedkundige se hartsnare so tokkel as om ’n begeesterde student te sien koer oor sy liefde vir ons taal en sy nuutgevonde roeping om ’n uitstekende Afrikaansonderwyser te word. Tydens ons moedertaaldagviering hoor ek hoe die student vertel van die hoedervleis wat hy in ’n poësielesing kry, sy toekomsplanne en sy droom om Afrikaans huistaal aan te bied. Hierdie vlammetjie, wat sy moeder by hom aangesteek het, is deur elke onderwyser en dosent deur wie se hande hy is, aangeblaas tot ’n vlam wat helder brand.
Dit is ’n wonderlike voorreg om te sien dat ons nog studente in die onderwysstelsel kan instuur wat só ’n passie vir die onderwys en bowendien vir Afrikaans het.
Ek hoor ook hoe die groepie studente hulle kommer uitspreek oor Afrikaans in skole en hoe die nuwe nasionale kurrikulum ’n bedreiging vir Afrikaanse onderrig is, hoe hulle, as die proefkonyne van die nuwe kurrikulum, verslae gestaan het voor die beperkte keuses van vakke wat hulle toegelaat is om te neem. Om te hoor hoe sommige onderwysers nie gewillig is om AS-vlak vakke aan te bied nie. Hoe Afrikaans nie meer vir party van hulle eens ’n opsie was nie, al wou hulle dit neem. . .
Hoe mismoedig ek ook al voel oor hierdie stand van sake, is die blink flikkering in hierdie student se oë vir my die kerslig wat die donkerte stuit – ons weet nie hoe ons dit gaan regstel nie, maar Unam en die PVATN werp alles in die stryd om dié vonk weer by onderwysers in skole te blaas, want daardie vonkies steek die vlammetjies van kinders aan en verseker die toekoms van Afrikaans.
Daarom is dit so belangrik dat onderwysers by mekaar kom kersopsteek en opnuut aangevuur word by die PVATN-kongres op 7 en 8 Maart.
As jy ’n Afrikaansonderwyser is en nog nie vir die kongres geregistreer het nie, spring gou! Die sluitingsdatum vir kaartjies by Webtickets is 1 Maart.
Annika van der Linde
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie