Piet, Piet en nogmaals Piet
As daar enige verwagtende moeders is wat van voorneme is om hul seuns Piet te noem, dink asseblief, om “Pietsnaam”, twee keer.
Op ’n paar plattelandse dorpe in die Noorde heers daar reeds Babelse verwarring oor dié naam, want almal is Piet, Piet en nogmaals Piet. Piet-weet, ek kan nie byhou nie!
Gee egter vir Namibiërs ’n probleem en hulle sorteer hom op die kreatiefste wyse denkbaar uit!
Piet die apteker? Hy is sommer Piet Pille! Groot verwarring as jy sy amptelike van probeer gebruik, nee wat, onder die bynaam ken almal hom. Jy weet mos, op die platteland het almal net voorname. ’n Gemeneer en ’n gemevrou en ’n genoemery op die van is vir elders, soos Namibië se reën en donderbuie.
Piet die boekhouer is Piet Potlood gedoop en Piet, die eienaar van ’n onderneming wat besproeiingsinfrastruktuur verkoop, heet Piet Pomp.
Piet se Gat is ’n plasie buite Tsumeb en die man wat siele vir die hemel probeer wen, hy is Piet Preek. Dis nie al nie, daar is Piet Perd, hy teel pragtige volbloeddiere en Piet Pragtig, nou ja, hy laat die koppe draai.
Die sielkundige heet Piet Verdriet en Piet my Vrou is, wel, nie ’n vrou nie (maar daai moet jy vir jouself uitwerk).
Daar is selfs ’n grappie – as jy moet raai wat iemand se naam op dié dorpies is, begin met Piet – die kanse is goed dat jy reg sal raai.
Dis ook hier waar jy versigtig moet omgaan met jou Piet en Koos-grappe, want hier is dit iémand. Hou ook weg met Piet Pompies en Piet Poggenpoel – hulle woon op die platteland en moet asseblief nie met hul name mors nie. Oppas nou!
Alle grappies op ’n stokkie. As ek dit nou weer oorweeg – dalk is dit nie só sleg om jou kind óók Piet te doop nie. As jy Piet op die platteland is, het jy nie net jou eie bynaam nie, jy is suksesvol en jy het jou eie bedryf of onderneming aan die gang – soos jy seker van al die Piette hier bo kon aflei.
Dalk kan ons almal iets van ’n Piet iewers op die platteland leer. Om seker te maak ’n kind, wat jy ook Piet doop, kry darem ’n goeie bynaam, kan jy hom sommer vroeg-vroeg vir ’n respektabele beroep voorberei. Hoe klink Piet Polony vir ’n slagter?
Onder ’n vorige geslag ouers moes die “ge-Pietery” ’n groot aantrekkingskrag gehad het. Dalk was dit met rede. Erger nog, dalk is al hierdie Piette familie en is hulle almal na dieselfde oupa vernoem!
Nie dat ek nou op tone wil trap of families wil uitlê nie! Dis blote spekulasie, ek soek maar net antwoorde vir die ge-Pietery.
Gerugte het dit dat Windhoek óók vol Piette is. Dan praat hulle nou van Piet Platteland, as die Noorde se Piette ’n bietjie sake in die hoofstad kom doen.
Hoe dit ookal sy, ons kan met reg trots wees op al ons Piette!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie