Ruiter van die windjie
Elke kind het gunsteling-speelgoed gehad. Ek praat nou van desjare toe ons op klein dorpies en plase grootgeword het waar die draadloos net Radio Skoonveld opgevang het en die kortgolfsein iewers in die vlaktes verlore geraak het.
Ek onthou hoe ek soggens met biltong in die kies na Siembamba geluister het, daar waar die Pilot-draadloos op die yskas in die kombuis gestaan het. Dit was skynbaar die enigste plek in die huis waar die kortgolfsein en die radio hande gevat het, terwyl ek oopmond op ’n stoel na die stories luister.
Langs daai einste Frigidaire-yskas het ek met ’n stuk biltong een oggend my eerste tand self getrek.
Sommige laaities het ’n gunsteling-karretjie gehad terwyl die meisies weer ’n pop as beste maatjie gekoester het. My liefling was ’n blou fietsie met wit wieletjies wat my met sywieletjies moes balanseer.
Ek onthou die eerste dag wat Pa Ponie die sywieletjies op my aandrang verwyder het. Hy was besig om in die hoenderhok ’n kampie vir die kloekende ma-hen en haar kuikens te maak en ek wou graag vir Pa wys hoe ek sonder dié sywieletjies verby hom kan jaag.
Ek het van die stoep se kan af spoed gevat in die rigting van die hoenderhok.
Met Pa en die hoenderhok nog etlike meters weg, het ek met elke trapslag meer selfvertroue gekry. Maar die noodlot moes seker toeslaan. Dit was my eerste val met regte rowe en al, maar ook nie my laaste nie.
In die sewe jaar voor ek my laerskoolloopbaan op Maltahöhe afgeskop het, moes ek myself op Saffier besig hou as ek en Pa Ponie in die veld was nie.
As ons in die oggende met die F100-bakkie van die veeposte terug gekom het, het my dag as “spietkop” begin om later as ’n jaagduiwel af te sluit, terwyl ek om die opstal, vellekamer, waenhuis en hoederhok laat wiel om vir oulaas met ’n plank tot op die stoep te “ramp” waar ek kon asemskep.
Die “spietkops” en jaagduiwels het ek natuurlik hier in Windhoek gesien as ons my ouer sussie vir ’n langnaweek of vakansie by die koshuis kom haal het. Die motorfietse se gebrul het my grootoog op die Gross Hertzog se stoep laat staan en ek kon myselfwers op so ’n gevaarte sien.
Op hoërskool het ek twee “scramblers” gehad, maar daarna nie weer ’n motorfiets besit nie.
In 2016 is ek “carlos” en besluit om ’n motorfiets aan te skaf. Nie om te jaag en te spring nie, maar om weer die vryheid en wind in my gesig te voel soos toe ek nog ’n kind was.
Met Goose, my motorfiets, het ek weer sorgvry die Namib se grondpaaie aangedurf.
Ek kan nie anders as om aan my blou fietsie op Saffier te dink wat as kind my soveel genot en vryheid verskaf het nie. Ek het selfs op ’n keer die pad na Oupa Piet en Ouma Corrie op Springbokvlakte gevat wat ’n goeie ses myl van Saffier geleë was.
Ek het gisteroggend gesukkel om nie haar neus elders heen te draai om soos ’n stout kind stokkies te draai nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie