Yolanda Nel (002)
Yolanda Nel (002)

Vreemde raad met baba se opwagting

Yolanda Nel
Mammas hoor dit gereeld as hulle eers nuwe babas huis toe bring.

“Slaap as die baba slaap” en “die wasgoed kan wag” en “die skottelgoed kan maar ophoop”.

Die realiteit is, wie gaan dit doen? En wanneer? My uitgangspunt was destyds, doen die klein bietjie nou, voor dit jou later dubbel so lank vat.

My kinders is nie meer babas nie. Hulle is woelige peuters en soms verlang ek terug na die dae toe hulle net geslaap het. Maar ek moet bieg, ek is nie besig met dagtake wanneer die kinders slaap nie, om twee redes.

Rede een. Daardie tyd gebruik ek om myself net bietjie weer te vind. Wanneer geen kinders iets van my verlang, of opgetel wil word nie. Vir daardie paar ure voor ek self in die bed klim, is ek net weer Yolanda. Yolanda met drome om eendag die wêreld te gaan verken en dalk nog haar doktorsgraad wil aanpak.

Dan bederf ek myself met ’n warm beker koffie en fancy sjokolade wat in die boonste kas weggesteek word. Ek geniet van my gunstelingprogramme op televisie. In die stilte. Ek lees boek. Want dit het ’n luuksheid geword.

So rukkie terug was die kroos siek. Al twee, op dieselfde tyd. Ek het nie geweet of ek kom of gaan nie. Sodra die een slaap, is die ander een wakker. En sodra nommer 2 weer rustig slaap, het die ander een my nodig.

In daardie tyd het ek ook nie saam met hulle in die bed geklim nie, maak nie saak hoe moeg ek was nie, want soms verloor mammas hulself in mammaskap. Hulle herken hulself nie meer nie. Dit sorg vir frustrasie en allerhande sulke dinge.

Ek vat daardie ure vir myself. Een ding waarby ek hou, is die volgende: ek kan nie na iemand anders omsien as ek nie eerste na myself kyk nie. Ek moet geestelik, emosioneel en fisiek op ’n goeie plek wees voor ek ’n positiewe invloed op ander kan hê. Daarom vat ek daardie tyd vir myself.

Rede nommer twee. Daar is nie feetjies en kabouters wat my huis skoonmaak nie. My kinders moet sien dit word gedoen. En hulle moet (age appropriate) takies in die huis kan verrig. En as kinders sien daar word skoongemaak, is hul natuurlike instink om te help. Of soos ons dit in ons huis noem: speel.

Speel-speel word borde wasbak toe gedra, want ons kyk wie is die vinnigste. Mamma kom altyd laaste. Speel-speel kyk ons wie kan die meeste balle in die emmer teruggooi, en die klere in die wasgoedmandjie.

Onder toesig kan nommer 1 al ’n aartappel sny, en sy boetie hou van skottelgoed was, alhoewel dit beteken mamma moet na die tyd die vloer mop.

Maar eendag baie ver in die toekoms, glo ek my kinders gaan weet ’n skoon huis word nie vanself skoon nie. Dat dit nie op iemand anders se lysie van verantwoordelikhede sal val nie.

Die enigste raad wat ek ooit gevolg het vir babas, is water werk vir alles. As hulle koors het en nie lekker voel nie, tap ’n bad. Dit werk ook vir peuters, én vir mammas. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!