Woord van die week
monarg s.nw., monarge. Iemand wat gewoonlik deur erfreg en tot sy of haar dood regeer, óf as alleenheerser met oppermag, óf as heerser met konstitusioneel beperkte mag wat slegs in naam oppermag het, met 'n titel wat dikw. van land tot land verskil, bv. koning, tsaar, sjah of sultan: Die Britse vors is 'n grondwetlike monarg, d.w.s. hy heers volgens die wette wat deur die parlement neergelê word, en sy reg op die troon word ook deur die parlement beheer (L. Eksteen, vertaal: Wêreld-Ensiklopedie, 1977, 136).
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie