Sekuriteitsbedrog neem toe
Die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN) het Dinsdag in ’n mediaverklaring gesê hy het verskeie klagte oor die vervalsing van sy lidmaatskapsertifikate ontvang.
Sekuriteitsmaatskappye – wat nie SAN-lede is nie – gee glo voor dat hulle aan die vereniging se standaarde voldoen deur gebruik te maak van vervalste sertifikate.
“Hierdie bedrieglike aktiwiteit word uitgevoer om tenders en kontrakte te bekom deur hulself valslik as lede van SAN voor te gee,” lui die vrystelling.
Nie net kan hierdie bedrog die vereniging skade berokken nie, maar dit kan ook die veiligheid van die publiek in gevaar stel, waarsku SAN. Die vereniging het tans 87 opbetaalde lede.
“Ons neem die situasie baie ernstig op en sal die nodige wetlike aksies neem om dit te verhoed,” volgens SAN.
Verder vra hulle almal om waaksaam te bly en met die vereniging op te volg om seker te maak SAN-lede word vir die verskaffing van sekuriteitsdienste aangestel.
“Kontak asseblief ons kantoor om te verseker enige sekuriteitsmaatskappy wat sê hulle is ’n lid, is werklik lede,” voeg die vereniging by.
Die vereniging waarsku ook oortreders hy sal met die betrokke owerhede saamwerk om regverdigheid te laat geskied en dat SAN nie sal huiwer om regstappe teen maatskappy te neem wat aan bedrog skuldig is nie.
Lede word herinner dat die gebruik van SAN-sertifikate deur nielede verbied word en dat enige SAN-lid wat daarby betrokke is, dissiplinêre optrede in die gesig sal staar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie