Adelé poets vir Hawaii met sege in PE

Triathlon
Tielman Van Lill
Adelé de la Rey van Windhoek het Sondag in Port Elizabeth haar ouderdomsgroep (40 tot 49 jaar) by die People’s-triathlon in 5 uur 25 minute 22 sekondes gewen.

Die triathlon wat oor die afstand van ’n halfysterman beslis word, bestaan uit twee kilometer swem in die see, 90 km fietsry en 21 km draf.

De la Rey, wat haar op die wêreldkampioenskap oor vyf weke in Hawaii voorberei, het die swem in 25 minute 22 sekondes voltooi, die fietsskof in 2:39:00 en die halfmarathon in 1:48:07 kafgedraf.

Sy was algeheel sewende van al die vroue en 26ste algeheel van beide geslagte.

Port Elizabeth, wat berug vir sy stormsterk wind is, se weersomstandighede was Sondag ietwat meer bedees en die swemdissipline kon afgehandel word sonder dat ’n afstand verkort of enige item gekanselleer moes word, soos dikwels gebeur.

De la Rey het aan Republikein gesê: “Ek neem oor vyf weke in Kona, Hawaii, deel aan die wêreldkampioenskap en het dié kompetisie vir oefening gebruik.

“Voor die kompetisie het my afrigter vir my gesê om nie te hoë verwagtinge van die wedloop te hê nie, want ons het nie my oefenprogram daarvoor aangepas nie. Maar met Kona in gedagte, het ek my steeds hard gedruk.

“Hoe meer renne ’n mens kan doen, hoe beter vaar jy. Ek moet kyk of my beplanning werk en reg is. Voeding gedurende die kompetisie, die fiets se opstel en dan my pas gedurende al drie dissiplines is baie belangrik.

“Die see was weer woelig, maar gelukkig kon ons dié keer swem! Die fietsrit was goed wat uit drie rondtes van 30 km bestaan het.

“Al was dit ’n warm dag, was die draf baie gemaklik. Dis presies wat ek wou gehad het, want dis goeie voorbereiding vir Hawaii, waar dit ook warm en bedompig is.

“Dankie aan PSG Namibia wat my deelname moontlik gemaak het. Sonder jul ondersteuning sou my Kona-droom nie moontlik gewees het nie.”

Ná De la Rey was Magdell Woodward en Natalie Hagedorn-Hansen (beide van Suid-Afrika) tweede en derde in 5:25:43 en 5:39:01.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!