Al-Attiyah meesterlik in beheer
Dakar lewer meer drama as jou gemiddelde sepie.
Nasser Al-Attiyah se strategie om met veiligheid eerste te jaag, het hom ná Dinsdag se negende skof nog ’n stap nader gebring om sy Dakar-tydrentitel te behou en sy vyfde altesaam in te palm.
Die 52-jarige Toyota-jaer het 11 minute 8 sekondes agter die skofwenner en negemalige wêreldtydrenkampioen, Sebastien Loeb, klaargemaak.
Die druk op Al-Attiyah het oornag verlig aangesien sy naaste agtervolger, Henk Lategan van Suid-Afrika, ’n meganiese probleem opgedoen en 40 minute verloor het.
Al-Attiyah hou ’n voorsprong van 1 uur 21 minute bo Lucas Moraes, die ander Toyota-jaer van Brasilië, met Loeb ’n verdere 19 minute agter Moraes.
“Vandag het ons regtig goeie werk gedoen sonder enige foute, sonder enige probleme,” het Al-Attiyah gesê, wat probeer om die eerste opeenvolgende wenner sedert “Mnr. Dakar” Stephane Peterhansel in 2016-‘17 te word.
“Ons moet dit dag vir dag vat en hoop daar duik nie probleme op nie. Ons het nou ’n groot gaping en ek hoop om klaar te maak en hierdie Dakar te wen.”
Die driemalige Dakar-kampioen, Carlos Sainz, het ysere vasberadenheid getoon toe hy die helikopter-ambulans wat hom opgepik het, beveel het om om te draai en hom terug na sy gerolde motor te neem.
Die 60-jarige se Audi het ná net ses kilometer in ’n ongeluk tot stilstand gekom. As voorsorgmaatreël moes hy en navigator, Lucas Cruz, per helikopter na die hospitaal geneem word.
Die organiseerders, Amaury Sport Organisation, het in ’n verklaring gesê: “Die Spanjaard wou ’n kans hê om die wedren te hervat en het geëis dat die helikopter-ambulans omdraai en hom by sy motor terugbesorg.”
Die tweemalige wêreldtydrenkampioen het verlede Vrydag alle hoop op ’n vierde titel verloor toe ’n voorwiel in ’n ongeluk afgebreek het.
Ten spyte daarvan dat hy aan borspyn gely het as gevolg van die ongeluk, het hy daarop aangedring om voort te gaan. Hy het Dinsdag in die 100ste plek, meer as 29 uur agter Al-Attiyah geëindig.
– AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie