Geen bestemming is te afgesonderd vir diegene wat graag die Namibiese manspan teen Suid-Afrika wil sien speel nie. Foto verskaf
Geen bestemming is te afgesonderd vir diegene wat graag die Namibiese manspan teen Suid-Afrika wil sien speel nie. Foto verskaf

BlitsStokke sê les op in die Kaap

Hokkie
Die oorwinning met 5-2 het gevolg nadat die Namibiërs met 4-0 voorgeloop het.
Andrew Poolman
Uitmuntende keerwerk deur die doelwagter en kaptein DJ Strauss, en later ook sy jonger plaasvervanger Richter van Rooyen was gister ’n deurslaggewende faktor in die Namibiese manshokkiespan se roemryke oorwinning met vyf doele teen twee teen Suid-Afrika se BlitsStokke in die Wynberg militêre sportkompleks in Kaapstad.

Strauss en sy manne bly die afgelope tyd toenemend ’n doring in die Suid-Afrikaners se vlees, met laas maand se oorwinning in die eindstryd van ’n binnenshuise toernooi in Maleisiê nog vars in die geheue.

In laat gistermiddag se botsing – deel van die geskiedkundige eerste Nkosi-bekertoernooi, vir mans en vroue – het Fagan Hansen van die strafhoek af die eerste doele ingeskiet (7de en 11de minuut) wat Namibië met 2-0 laat voorloop het.

Nog ’n strafhoekhou deur Ernest Jacobs en Fagan Hansen se driekunsdoel in gewone spel het die telling op 4-0 te staan gebring, met 27 minute speeltyd verstreke.

Die BlitsStokke het uiteindelik ná 32 minute tot verhaal gekom en teruggeslaan met ’n treffer in gewone spel deur Dayaan Cassiem, maar onmiddellik daarna het Owen Hatton die Namibiërs weer laat bulder met hul vyfde doel.

Die immer gevaarlike Mustapha Cassiem het ná 39 minute ’n troosdoel vir die gasheerspan bygevoeg.

Die manspanne speel in ’n driehoekige toernooi, met die VSA as die derde span. Namibië sou later gisteraand weer teen die Amerikaners in aksie wees, wat sover maar swaar leef in die toernooi.

Voor laasgenoemde wedstryd was die puntestand van die manstoernooi soos volg:

1 Suid-Afrika 2 gespeel, 1 gewen, 6 ligapunte, doelverskil plus-4.

2 Namibië 2 gespeel, 1 gewen, 6 ligapunte, doelverskil plus-4.

3 VSA 2 gespeel, 2 verloor, 0 ligapunte, doelverskil minus 8.

VROUE

Die Namibiese vrouespan het hul aanslag afgeskop met ’n oorwinning van 5-3 teen Ierland, voordat hulle met 1-3 die knie teen Suid-Afrika moes buig.

Kiana-Ché Cormack is sover boaan die algehele lys van doelskieters, met vyf (twee in gewone spel).

Die Namibiese span het vandag twee wedstryde, teen Ierland (11:00) en teen Suid-Afrika (18:45).

Die toernooi sluit môre af met die vrouefinaal, mansfinaal en prysuitdeling.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!