Karting Poster
Karting Poster

Borgskap sorg vir omstredenheid

Renstelresies
Tielman Van Lill
Die derde ronde van die nasionale renstelkampioenskap is deur die Walvisbaai-motorklub op Swakopmund aangebied, maar omstrede besluite deur individue het die byeenkoms en die gasheerklub in omstredenheid gedompel.

Die Namibiese Motorsportfederasie (NMSF) het in ’n mediaverklaring sy ontevredenheid uitgespreek rakende gebeure by dié byeenkoms op 15 April wat teen die beheerliggaam se regulasies indruis.

“Die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) was veronderstel om dié byeenkoms met die goedkeuring van die NMSF op televisie uit te saai. Maar die NBC was deur ’n geaffilieerde lid (klub) van die NMSF verbied om sy mandaat uit te voer.

“Op nasionale televisie is berig dat die NBC nie toegelaat is om die derde ronde van die nasionale renstelkampioenskap in Swakopmund te dek nie. Geen redes vir die optrede is deur die betrokke klub of partye verskaf nie.

“Die NMSF wil die volgende punte duidelik stel. Omrede die NMSF nie betrokke was by die onderhandelinge of finalisering van die borgskapooreenkoms tussen Standard Bank en een van ons geaffilieerde lede nie, kan ons net aflei dat die Standard Bank-borgskap aan Kart Store, ’n private entiteit, toegeken is.

“Die voorsitter van Swakop Karters (’n geaffilieerde lid van die NMSF) is ook die eienaar van Kart Store wat die borgskap-onderhandelinge vir die byeenkomste hanteer het wat deur Swakop Karters by die kus aangebied word.

“Die kompetisie was toe bekend as die Rotax Max Challenge, maar was inderdaad die nasionale renstelkampioenskap. As deel van die borgskapooreenkoms met Standard Bank, soos aan die NMSF deur Swakop Karters bevestig, is die NBC gemagtig om die byeenkomste te dek.

“Die NMSF ondersoek voortdurend maniere om die sportkode te ontwikkel, meer inklusiwiteit toe te laat en om meer vryheid van keuse te bewerkstellig.

“In ooreenstemming met die FIA (wêreldhebeerliggaam van motorsport) se ontwikkelingsplanne, het die NMSF vanjaar die ROK-klas bekendgestel en by die nasionale kampioenskap ingesluit. Twee bykomende klubs het die toestemming om vier van die agt byeenkomste vir 2023 aan te bied.

“Die twee nuwe klubs was nie deel van die Standard Bank-borgskap nie en dit staan hulle vry om hul eie borge te bekom.

“Die NMSF ondersteun die positiewe impak wat die Standard Bank-borgskap en televisiedekking tot gevolg gehad het. Ons hoop om dié verhouding binne die beperkings van die NMSF se strukture tot voordeel van al die betrokke partye te bevorder.

“Die NMSF besit volgens artikel 88 van sy regulasies al die kommersiële regte vir die onderskeie nasionale kampioenskappe onder sy beheer.

“Sonder skriftelike toestemming van NMSF mag geen van die kommersiële regte deur enigiemand uitgebuit word deur dit te verkoop of te verhandel nie.

“Alle onderhandelinge en daaropvolgende ooreenkomste wat gesluit word, kan net deur die NMSF uitgevoer word en nie sy lede nie.

“Die NMSF doen ’n beroep op die betrokke partye om sy kantoor so gou as moontlik te kontak om enige verdere onsekerheid op te klaar.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!