Botha nader aan sy droom
MotoCross
Die sesde en voorlaaste rondte van die nasionale motocross-kampioenskap is die naweek op Gobabis gehou waar Don-Ray Botha al drie renne in die ope klas gewen het, insluitend die Koning van die Stof-titel.
Die 22-jarige Botha het 75 waardevolle kampioenskapspunte op sy rooi Honda CRF 450 R opgeraap, wat hom nader aan sy droom bring om die nasionale ope kampioenskap en toptitel te verower. Hy het ook 25 punte as wenner van die Koning van die Stof in die sakkie.
Botha was wel deur Dale Davies (tweede) en Tony Viljoen (derde) gejaag, maar sê hy was bevoorreg om in al drie rondtes voor te jaag.
“Wat ’n spesiale dag, wat ek nie gou sal vergeet nie! Ek het elke rondte in Gobabis voorgeloop en drie keer gewen. Dit sluit die ope klas asook die Koning van die Stof-resies in.
“Dis nog ’n stappie nader aan een van my grootste drome van kleins af wat ’n werklikheid kan word! Daar is nog net een byeenkoms oor. Ek wil graag elke enkele persoon bedank wat in my drome geglo het en dit ’n werklikheid help maak het,” het hy gesê.
Botha behoort nou 391 kampioenskapspunte agter sy naam te hê, terwyl Davies (363) en Viljoen (340) nog moet bepaal wie tweede en derde in die kampioenskap gaan eindig. Al eindig Botha in die laaste byeenkoms selfs derde, sal hy steeds die nasionale titel buit.
In die 50cc-klas het De Wet du Plessis opnuut skoonskip gemaak, terwyl Khian Kotze sy heerskappy in die 65cc-afdeling bevestig het. Die 85cc-kompetisie is deur Luca Brand gewen wat twee van die drie rondtes ingepalm het.
By die 125cc-juniors was Gerhard Myburgh op dreef om twee rondtes en die algehele eerste plek syne te maak. Björn Kebbel was bestendig met drie tweede posisies.
Geena Sadlowski het nie haar gelyke in die vroue-afdeling nie. Haar 447 kampioenskapspunte gee haar ’n reusevoorsprong voor Zoe Waldschmidt se 333. Maike Bochert (254) wat tans derde op die nasionale punteleer lê, het nie die naweek gejaag nie. Sy was net tien punte agter Waldschmidt voor die Gobabis-byeenkoms.
Sigi en Olaf Pack was die enigste twee veterane in aksie, met Olaf wat met die louere weggestap en derde in die Koning van die Stof-resies geëindig het.
Die naweek se voorste uitslae:
50cc: 1 De Wet du Plessis, 2 Duhan Steenkamp, 3 Oliver Mathews.
65cc: 1 Khian Kotze, 2 De Wet du Plessis, 3 Jan Bronkhorst.
85cc: 1 Luca Brand, 2 Wynand Cronjé, 3 Juan de Vos.
125cc juniors: 1 Gerhard Myburgh, 2 Björn Kebbel, 3 Dylan Hilfiker.
Vroue: 1 Geena Sadlowski, 2 Zoe Waldschmidt.
Klubmans: 1 JC le Roux, 2 Francois Cronjé, 3 Heinrich Simon.
Ope: 1 Don-Ray Botha, 2 Dale Davies, 3 Tony
Koning van die Stof: 1 Don-Ray Botha, 2 Dale Davies, 3 Olaf Pack.
HUIDIGE KAMPIOENSKAPSPUNTE
50cc: 1 De Wet du Plessis (436), 2 Duhan Steenkamp (384), 3 Delmar du Plessis (339).
65cc: 1 Khian Kotze (439), 2 De Wet du Plessis (388), 3 Jan Bronkhorst (327).
85cc: 1 Wynand Cronjé (409), 2 Luca Brand (354), 3 Marco Lindemeier (333).
125cc juniors: 1 Björn Kebbel (383), 2 Gero Friederich (337), 3 Rigo Wolf (315).
125cc seniors: 1 Jean Venter (226), 2 Liam Gilchrist (150), 3 Alex Howard (66).
Vroue: 1 Geena Sadlowski (447), 2 Zoe Waldschmidt (333), 3 Maike Bochert (254).
Klubmans: 1 Tertius Joubert (342), 2 Lourens du Plessis (340), 3 Francois Cronjé (237).
Veterane: 1 Sigi Pack (373), 2 Olaf Pack (369), 3 Rudi Brand (283).
Ope: 1 Don-Ray Botha (391), 2 Dale Davies (363), 3 Tony Viljoen (340).
Koning van die Stof: 1 Sigi Pack (107), 2 Don-Ray Botha (102), 3 Olaf Pack (101).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie