Bulle ná 10 nederlae eindelik weer op wenpad
Curriebeker-rugby
Dit was ’n goeie Vrydag op Goeie Vrydag vir die Bulle op Loftus Versfeld in Pretoria.
Nadat die Bulle tien agtereenvolgende nederlae in alle kompetisies gely het, het hulle hul eerste Curriebeker-oorwinning van die seisoen behaal deur Griekwas met 40-3 te klop.
Die Bulle, wat tien Springbokke in hul 23-tal gehad het, het laatmiddag op ’n mooi herfsdag met rustyd gerieflik met 26-3 voorgeloop en uiteindelik ses drieë gedruk.
Hoewel dit nie die beste wedstryd was nie, is dit 'n goeie en 'n belangrike een. Dis moontlik die eerste dosis medisyne wat die dokter vir die olike Bulle-familie voorgeskryf het.
Dié oorwinning is goeie nuus vir die Jakarandastad wat die week moes sien hoe Edgar Marutlulle, die Bulle se Curriebeker-afrigter, ná vier nederlae in dié reeks die deur gewys en deur Jake White vervang is wat die eerste keer in beheer van die Curriebeker-span was.
Boonop is Tukkies, die verdedigende Varsitybeker-kampioen, uit dié kompetisie geskop nadat hulle vanjaar se veldtog segeloos afgesluit het.
Beide die Bulle en Griekwas, verlede jaar se Curriebeker-naaswenners, het in die eerste helfte talle ongedwonge hanteerfoute begaan.
In die tweede helfte het die Bulle met meer selfvertroue begin speel. Die swaarder Bulle-pak was vroeg reeds voorlangs in beheer.
Griekwas het die Bulle verlede jaar op dieselfde veld in die halfeindronde van die Curriebeker-reeks uitgeskakel. Vrydagaand se nederlaag was die span van Kimberley – wat tot die einde toe teen die oormag probeer het – se derde in vanjaar se reeks.
Die voormalige Leeu-slot Ruan Vermaak, een van die Bulle se groot uitblinkers, het in die sewende minuut die Pretorianers se eerste drie gedruk nadat Embrose Papier, skrumskakel, hom enkele treë van die Griekwas-doellyn in posisie geplaas het.
In die 13de minuut het George Whitehead (losskakel) met ’n strafdoel geslaag om die telling 7-3 te maak.
Dit was 12-3 nadat Mornay Smith (vaskopstut) in die 19de minuut die Bulle se tweede drie gedruk het, maar Chris Smith (losskakel) nie met die doelskop kon slaag nie.
Nadat die Griekwa-flank Stefan Smith ’n geel kaart gekry het, het die Bulle die besoekers se doellyn bestorm. Die flank Kyle Brink het oorgeduik en Smith het verdoel (19-3).
Net voor rustyd het Papier ’n bonuspuntdrie gaan druk nadat die Bulle ’n hanteerfout van Griekwas uitgebuit en Springbok Kurt-Lee Arendse (heelagter) gebreek en na hom laat loop het. Smith was in die kol met die doelskop (26-3).
Nadat geen punte in die eerste tien minute van die tweede helfte aangeteken is nie, het Arendse ’n groot aandeel gehad in David Kriel (vleuel) se drie in die 11de minuut wat deur Smith verdoel is (33-3).
Vyf minute later het die stut Gerhard Steenekamp ook vir die Bulle gaan druk. Smith het oorgeskop (40-3).
Puntemakers:
Bulle 40 (26): Drieë: Ruan Vermaak, Mornay Smith, Kyle Brink, Embrose Papier, David Kriel, Gerhard Steenekamp. Doelskoppe: Chris Smith (5).
Griekwas 3 (3): Strafdoel: George Whitehead.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie