Thinus Williams is een van die ervare Namibiese baarshengelaars. Foto verskaf
Thinus Williams is een van die ervare Namibiese baarshengelaars. Foto verskaf

Bulpryse in hengelreeks te wen

Baarshengel
Wenpryse van tot N$10 000 per toernooi sal op die spel staan in ’n plaaslike reeks baarshengelbyeenkomste wat vanjaar by Oanobdam en Von Bachdam aangebied sal word.

Namibië se affiliasie by Major League Fishing (MLF), die wêreld se grootste organisasie vir toernooihengel, het gelei tot die bekendstelling van die King Price spantoernooi vir 2023 wat ook as proewe vir ’n latere MLF-toer na die VSA sal dien.

Baarshengelbyeenkomste is vir Januarie, Maart, April, Julie, September en Desember by die twee genoemde damme Oanob en Von Bach geskeduleer. Die wennersprys in elke toernooi is N$10 000 (die grootste beloning nóg in die Namibiese baarshengel) en die algehele reekswenner sal deurdring om Namibië by die 2024 MLF wêreldfinaal in die VSA te gaan verteenwoordig.

Neil Engelbrecht, die toernooidirekteur van MLF Namibië, sê die plaaslike reeks sal dien as ’n platform om die passie vir baarshengel met meer entoesiaste te deel. “Ons mikpunt is om te vermaak, bande te bou, opleiding te bied en goeie ambassadeurs vir die sport baarshengel te wees.”

Die King Price toernooi is oop vir spanne van twee senior hengelaars, wat die opsie het om een of twee junior hengelaars by te voeg. Hierdie opsie sal bydra om baarshengel in Namibië vanaf junior vlak verder te ontwikkel.

Christo van der Merwe, King Price se bemarkingsbestuurder, sê: “Om as ’n borg van Major League Fishing aan boord te kom, is vir ons ’n opwindende vooruitsig en sal Namibië toegang gee tot ’n ware internasionale verhoog om in 2024 in die VSA verteenwoordig te word.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!