No Image Caption

Buurlande kom takel baarse by Oanob

Baarshengel
Tielman van Lill
Die Namibiese Baarshengel­vereniging (NBAA) het sy span aangekondig wat van 17 tot 23 September by die Oanobdam naby Rehoboth aan ’n belangrike kam­pioenskap sal deelneem.

Die Namibiërs, ondersteun deur Hollard, sal tydens die Sone 5-streekkampioenskap teen Suid-Afrika en Zimbabwe kragte meet. Die spanlede het tussen hulle ’n geskatte 80 toetse en met tuisvoordeel en die nodige vernuf hoop hulle om die besoekers te uitoorlê.

Op Saterdag 24 September bied die NBAA sy 2022 Big Bass Fest vir tweehengelaarspanne by die Oanobdam aan, waar hulle lekker lywige pryse kan wen. Die grootste baars van die dag sal ’n stewige N$5 000 in die gelukkige hengelaar se beursie laat beland. Pryse kan elke uur gewen word.

Die Namibiese span is Alec ­Williams (kaptein), Thinus Williams, André van Vuuren, Neil Engelbrecht, Jürgen Geiger, Richard Grant, Neels van Tonder, Jacques Marais, Johan Coetzee, Nic Kruger, Duan Kotze, Lourens Delport, Willie Sowden (reserwe) met Madri Opperman as spanbestuurder.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!