Buys, Lill en SA juniors in UCI-resies
Bergfietsry
’n Byeenkoms met uitsonderlike potensiaal lê môre by Farm Windhoek in Kleine Kuppe voor, met die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenbergfietsryers in die elite mans, elite vroue én junior mansklasse wat die bestes in Namibië kom uitdaag.
Die Namibiese Fietsryfederasie en sy hoofborg Nedbank Namibia bied die Olimpiese veldresiesbyeenkoms aan, met die benaming UCI Klas 1 wat verwys na die wêreldranglyspunte wat ryers kan verdien en wat vir die deelname van bykans twee dosyn internasionale ryers verklaar.
Die totale getal inskrywings van meer as 120 was gister op koers na een van die grootstes nóg vir ’n plaaslike byeenkoms, met resiese vir die jonger kinders, asook die ouer ouderdomsgroepe wat vanaf 07:30 begin.
Candice Lill, Suid-Afrikaanse vrouekampioen en ook bronsmedaljewennerby die 2022 Statebondspele, is een van die trekpleisters wat vir Namibië se jong Monique du Plessis ’n groot uitdaging stel (wegspring 09:20).
Philip Buys, die RSA se elite manskampioen, hervat sy wedywering met Namibië se Alex Miller. Dié twee wat by verlede jaar se Afrika-kampioenskap op dieselfde baan in Windhoek onderskeidelik die silwer en goud verower het, is tans professionele spanmaats vir Team Pyga Euro Steel.
Elite ryers soos Hugo Hahn en Xavier Papo (Namibië), Cameron Wright, junior kampioen van Australië, asook die Suid-Afrikaners Michael Forster (Pyga) en Daniel van der Walt sorg vir ’n gedugte veld by die beginstreep (wegspring 13:30).
Suid-Afrika se topdrie junior mans – Ernest Roets, Massimiliano Ambrosi en Justin Swanepoel – sal in ’n vuurwarm stryd oor ses baanrondtes teen Namibië se ewe wêreldklas junior mans Kevin Lowe en Daniel Hahn gewikkel wees (vanaf 12:00).
Roets het die 2022 junior Afrika-titel hier ingepalm, met Hahn tweede en lowe afwesig weens siekte. Môre maak Hahn sy terugkeer ná sy onlangse herstel van ’n gebreekte gewrig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie