Dahl se rekord val ná 22 jaar
Swem
’n Nasionale ouderdomsrekord wat die tweemalige Olimpiese swemmer Monica Dahl meer as twee dekades gelede opgestel het, is die naweek by die Pupkewitz Stigting se jaarlikse Interskole-gala in Olympia oortref.
Dahl, gebore in Julie 1975, het Namibië by die land se Olimpiese debuut (Barcelona 1992) asook vier jaar later by Atlanta 1996 verteenwoordig.
Die Namibiese Swemfederasie kon gister nie die presiese datum bevestig wanneer Dahl die nasionale 50 meter vlinderslagrekord vir meisies 16 en jonger opgestel het nie, maar dit moes in 1991 of vroeër gewees het.
Die jong Reza Westerduin se nuwe rekord van 30.09 sekondes is inderdaad ’n goeie skoot vinniger as Dahl se 30.21 wat soveel jare ongeskonde bly staan het. Westerduin kry tuisonderrig en het nie onder ’n skool se naam meegeding nie.
Die ander vier nasionale ouderdomsrekords in die langbad wat die naweek verbeter is:
• Seuns 12 en jonger, 50 meter vlinderslag: Rodney Feris (St. George’s) met 31.65 sekondes oortref Jose Canjulo se merk van 32.45 wat in 2017 opgestel is.
• Meisies 14 en jonger, 50 meter rugslag: Jessica Humphrey (St. Paul’s) met 32.77 snoei Zuné Weber se beste (33.95) wat sedert 2015 gestaan het.
• Seuns 19 en jonger: 50 meter rugslag: Mikah Burger (Windhoek International School, 28.81) verbeter op die 28.86 wat Xander Skinner in 2015 geswem het.
• Seuns 14 en jonger, 200 meter vryslagaflos: Windhoek Gimnasium se kwartet Michael Bauernschmitt, James Langford, Liam Kinnaird en Fourie Steyn se nuwe rekordinskrywing is 1:54:5 en oortref St. Paul’s College se 1:58:35 wat in 2017 opgestel is.
Altesame 459 swemmers van 13 primêre en sekondêre skole het mekaar Vrydag en Saterdag in Olympia die stryd aangesê. Pupkewitz se interskole-gala is terselfdertyd ook in Swakopmund en Oranjemund aangebied.
St. Paul’s College het sterk teenstand gekry voordat sy swemspan as wenner uit die stryd getree het, met 729 punte teen DHPS (712, tweede) en die derde geplaaste Windhoek Gimnasium (667).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie