De la Rey tem opnuut die Ysterman
Triathlon
Adelé de la Rey was Sondag tydens die 2022 Isuzu Afrika Ysterman-kampioenskap in Port Elizabeth die derde vrou oor die wenstreep in haar ouderdomsgroep (45 tot 49 jaar).
Algeheel het sy 24ste van die vroue en 170ste van al die deelnemers geëindig. Weens die sterk seestrome is die swem as die gebruiklike eerste dissipline in geheel gekanselleer.
De la Rey het die fietsrit van 180 kilometer in 6 ure 18 minute 56 sekondes afgelê en die marathon drafsessie (42.2 km) in 3:58:04 vir ’n totale tyd van 10:23:05 kafgedraf.
Jan Louis Mostert (35 tot 39 jaar) was die enigste ander Namibiër wat in die Suid-Kaap gesweet het. Hy het 6:12:52 op sy fiets geneem om die 180 km te voltooi en die marathon in 4:42:34 vir ’n totale tyd van 10:57:58 afgelê.
De la Rey het gesê: “Al was dit my sesde Ysterman, raak ’n mens nooit te oud om te leer nie. Ek het opnuut ’n paar foute begaan. Hoewel die swem nie plaasgevind het nie, het die gietende reën en koue sake bemoeilik.
“Ek het druipnat en koud op die fiets geklim. Ons Namibiërs is nie gewoond om op nat paaie of in die reën te ry nie. Kom ons sê maar net dinge kon op die fiets ietwat beter gegaan het.
“Daar was tye op die fiets wat ek myself belowe het dat ek net die fietsafdeling gaan voltooi en dan gaan ek onttrek. Maar ek is nie een wat sommer moed opgee nie, al speel die kop en lyf nie saam nie.
“Toe ek van my fiets af klim vir die hardloopskof, het ek beter gevoel en gereken laat ek net die marathon in vier ure agter die blad kry en dit was toe net-net onder my mikpunt.
“Toe ek aan die einde na die eindstreep op die rooi tapyt hardloop, hoor ek tot my stomme verbasing die aankondiger sê ek is derde in my klas! Ek is regtig gelukkig met my deelname en het opnuut baie geleer.”
Met haar prestasie in PE het sy 4 883 punte opgeraap. Die Ysterman-wêreldkampioenskap in Kailua-Kona, Hawai, vind op 6 Oktober plaas. De la Rey het reeds verlede jaar November vir dié gesogte kompetisie gekwalifiseer.
“Baie dankie aan Henning en my familie wat altyd daar is vir my, asook my borg PSG Namibië, wat my al vanaf 2016 ondersteun en in my glo en my geweldig ondersteun met my pad na Kona.
“Ook Star Body Works wat onlangs toegetree het om my met my pad na Kona te help.
“Nou gaan ek bietjie rus en tyd met my familie bestee voor ek vir die 2022 Kona-kompetisie begin voorberei.
“Ek is baie opgewonde oor my deelname in Hawaii. Daar lê nog baie harde werk vir my voor. Oktobermaande is dit geweldig warm en bedompig daar en die roetes is uitdagend, om dit liggies te stel.
“Dis ’n droom van my wat bewaarheid word. Dis enige atleet se grootste wens om vir die wêreldkampioenskap te kwalifiseer.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie