Deur woude en oor berge
Veldwedlope
Pierre van Rensburg (links) van Windhoek het Maandag die tweede posisie ná die formidabele Suid-Afrikaanse professionele uithou-atleet AJ Calitz ingeneem in die tiende weergawe van die SOX Trail Run naby die vakansiedorp Wildernis in die Wes-Kaap. Deelnemers het oor drie dae ’n roete van 80 kilometer deur uitermatig ruwe terrein deur berge en woude afgelê, met die Tuinroete langs tussen George en Knysna, met daaglikse klimskofte van meer as 1 000 vertikale meters. Derde oor die eindstreep was nog ’n Suid-Afrikaner, Daniel Otto. Van Rensburg het tevore onder meer die 2012 Wildekus driedaagse veldresies in Transkei gewen en spog ook met ’n goue medalje vir die veteraneklas van die gewilde Twee Oseane-veldresies in 2019. Foto’s verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie