Dis tyd vir die Pupkewitz Jetty Myl

Otis Daniels
Deelnemers sal vanmiddag vir die 19de Pupkewitz Jetty Myl op Swakopmund aantree.

Volgens die organiseerder, Yvonne Brinkman, het die aantal deelnemers oor die jare aansienlik gegroei met sowat 300 swemmers wat verlede jaar die oop see trotseer het.

Die geleentheid sal omstreeks 15:30 by Tiger Reef Beach Bar begin. Deelnemers sal verby die “jetty” tot by die Mole swem –’n afstand van ongeveer 1,85 km.

Die swemroete sal gemerk wees en deelnemers sal dienooreenkomstig oor die swemroete ingelig word. ’n Duikpak word ook vir al die deelnemers aanbeveel.

Vir minder ervare seeswemmers word ’n naelloopwedren van 600 m in die rustiger waters van die Mole aangebied. ’n Wedren van 150 m word ook vir kinders aangebied wat saam met hul ouers of enige bekwame swemmer kan deelneem.

Brinkman het deelnemers versoek om seker te maak hulle kan vir hulself in die water sorg aangesien seeredding beperk is. ’n Swemmer kan ook nie aan beide die Jetty Myl en Sprint deelneem nie en om aan die Jetty Myl deel te neem moet jy 13 jaar of ouer wees.

Die Namibiese oopwater-swemsensasie Philip Seidler het verlede jaar se manskategorie oorheers met ’n indrukwekkende tyd van 18:48. Max Betts (21:09) het die tweede plek ingepalm. Molina Smalley (23:55) het die vrouekategorie gewen, met Lisa Engelhard (26:26) in die tweede plek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!