Durand, Naukosho vuurwarm in Luanda

Swem
Tielman Van Lill
Die Namibiese Swemfederasie (Nasfed) se span het gewys hoekom hy vooraf een een van die gunstelinge in Luanda, Angola, by die vierde Afrika Sone 4-swemkampioenskap uitgewys is, toe hy ná die eerste dag reeds 24 medaljes opgeraap het.

Die Namibiërs het die voortou op die medaljelys geneem met Angola tweede op 14 (4 goud, 5 silwer, 5 brons), gevolg deur Suid-Afrika 13 (3 goud, 6 silwer, 4 brons), Mosambiek 8 (4 goud, 2 silwer, 2 brons), Zambië 8 (2 goud, 3 silwer, 3 brons), Botswana 4 (2 goud, 1 silwer, 1 brons), Eswatini 3 (1 goud, 1 silwer, 1 brons), Mauritius 2 (1 goud, 1 brons), Uganda (1 goud) en Lesotho (1 brons).

Namibië se mans het 12 medaljes opgeraap (4 goud, 5 silwer, 3 brons), terwyl die vroue met 12 (5 goud, 3 silwer, 4 brons) die dag met een meer goue medalje afgesluit het.

Twee Namibiese ouderdomsrekords is reeds verbeter. Oliver Durand het sy eie rekord van 9 minute 6.48 sekondes in die 800 meter-vryslag vir seuns 15 tot 16 jaar tot 8:45.89 verbeter.

Ainoa Nakosho het ’n nuwe rekord van 10:10.10 in die 800 m-vryslag vir meisies 12 en jonger behaal. Die vorige rekord het vir nege jaar gestaan.

Van die vernaamste uitslae waarin Namibiërs medaljes verower het.

50 m borsslag

Meisies 11-12: 3 Roselinda Matyayi (40.42).

Seuns 13-14: 2 Liam Kinnard (34.42).

Seuns 15-16: 2 Oliver Durand (31.24).

Vroue 17-29: 3 Maya Stange (37.34).

100 m rugslag

Meisies 11-12: 1 Roselinda Matyayi (1:09.60) 2 Ainoa Naukosho (1:15.44).

Seuns 11-12: 1 Kabelo Hekandjo (1:17.59).

Meisies 13-14: 1 Mikayla Geyser (1:12.59), 3 Maddison Bergh (1:13.33).

Seuns 13-14: 1 Lorenzo Esterhuizen (1:05.42), 2 Liam Kinnard (1:06.36).

Meisies 15-16: 1 Jessica Humphrey (1:08.30), 2 Maja Brinkmann (1:11.76).

Seuns 15-16: 1 Oliver Durand (1:02.31), 2 Robin Engelhard (1:03.22).

Vroue 17-29: 3 Maya Stange (1:15.61).

Mans 17-29: 2 Brave Magongo (1:02.19), 3 Arkell Wellmann (1:02.82).

800 m vryslag

Meisies 14 en jonger: 1 Ainoa Naukosho (10:10.10, Namibiese ouderdomsrekord).

Mans 15-29: 1 Oliver Durand (8:45.89, Namibiese ouderdomsrekord), 3 Nico Esslinger (9:04.03).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!