Eagles ontvang gedugte besoekers

Krieket
Tielman van Lill
Kaptein Gerhard Erasmus en sy Richelieu Eagles begin toets van Donderdag af by Wanderersveld hul krieketvernuf teen die DP Lions van Suid-Afrika en die Lahore Qalandars van Pakistan.

Die Qalanders het gisteroggend in Namibië geland.

Beide toerspanne sal die Eagles tot hul volle kapasiteit in vier T20-skermutselings en dalk ook in die finaal uitdaag, om vir Oktober se T20-Wêreldbeker in Australië te slyp.

Volgende week volg twee eendagwedstryde tussen die Qalanders en die gasheer. Dis waardevolle voorbereiding vir die Eagles se Wêreldbeker Liga 2-eendagwedstryde (CWCL2) vanaf 15 September teen Port Moresby teen Papoea-Nieu-Guinee en die VSA.

Die opwindende Lahore Qalanders van Punjab is ’n professionele span wat vanjaar die eerste keer die Pakistan T20 Superliga ingepalm het.

Die Lions het min bekendstelling nodig. Dié professionele unie van Sentraal-Gauteng is ’n eersteklas teelaarde vir die Proteas en die nasionale kaptein Temba Bavuma is net een van hul ysters wat in Windhoek kom speel.

Pierre de Bruyn, hoofafrigter van Namibië, sê: “Dit sal die beste voorbereiding vir die Eagles voor die T20-Wêreldbeker wees. Die spelers sal die kans moet benut om hul posisies en rolle vas te messel.

“Ons weet 99 persent hoe ons span na Australië gaan lyk en ons moet nou as ’n eenheid saamsmelt. Die twee eendagwedstryde teen die Qalanders kom op die regte tyd, want ons vertrek op 10 September vir vier intenasionale eendagwedstryde na Port Moresby.

“Die reeks teen PNG en die VSA is ongelooflik belangrik. Ons moet met punte huis toe kom om ons posisie op die CWCL2-punteleer te verbeter.

“Craig Williams het uitgetree en is dus nie by die span betrokke nie. Ons sal Craig Sondag vir oulaas met ’n wedstryd groet.

“Dirkie Theunissen (skoolseun en belowende snelbouler) se besering Donderdagaand in ’n rugbywedstryd was niks ernstig nie en hy oefen voluit saam met die span.”

Die Eagles-groep is Gerhard Erasmus, Stephen Baard, Karl Birkenstock, Shaun Fouché, Jan Frylinck, Zane Green, Divan la Cock, Nicol Loftie-Eaton, Lo-han Louwrens, Tangeni Lungameni, Mauritius Ngupita, Bernard Scholtz, Ben Shikongo, JJ Smit, Ruben Trumpelmann, Michael van Lingen, Dirk Theunissen, Picky Ya France.

Die Qalandars is Jahanzeb Afteb en Mansoor Saleem (paaltjiewagters) met Aitzaz Habib, Tahir Baig, Naeem Khan en Shane Dadswell as topordekolwers; Hamza Nazar (kaptein); Usman Khalid, Salman Fayyaz, Ahsan Bhatti (draaiboulers); Dilbar Hussain, Mamoon Riaz, Jalat Khan, Sudais Khan en Mehboob Usmani (naatboulers).

Die Lions-groep is Malusi Siboto, Cameron Delport, Temba Bavuma, Mitchell van Buuren, Connor Esterhuizen, Evan Jones, Sisanda Magala, Bjorn Fortuin, Tladi Bokako, Ayavuya Myoli, Glen Adams, Codi Yusuf, Wandile Makwetu, Levert Manje, Kagiso Rapulana, Dominic Hendricks, Joshua Richards en Reeza Hendricks.

T20-PROGRAM

Donderdag 1 September (14:30) Lions teen Eagles.

Vrydag (14:30) Eagles tn Qalandars.

Saterdag (09:30) Qalandars tn Lions.

Saterdag. (14:30) Eagles tn Qalandars.

Sondag (09:30) Qalandars tn Lions.

Sondag (14:30) Lions tn Eagles.

Maandag (14:30) Eindstryd.

EENDAGWEDSTRYDE

Woensdag 7 Sep. (09:30) Qalandars tn Eagles.

Vrydag (09:30) Qalandars tn Eagles.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!