Eagles sonder genade vir Kraanvoëls
Krieket
Uganda sal waarskynlik liewer die uitslae van hul afgelope Castle Lite-reeks in Windhoek teen die Richelieu Eagles wil vergeet, wat gister ná ses wedstryde by United tot ’n einde gekom het.
Die Cranes het al ses hul botsings verloor en was net met rukke en stote kompeterend. Die besoekers het nie die soort teenstand gebied waarvoor plaaslike krieketliefhebbers sou gehoop het nie.
Was dit ’n goeie oefening vir Namibië? Dié ope vraag kan gevra word, maar afrigter Pierre de Bruyn sal in die komende maande sy span se gereedheid verder wil slyp voor die kwalifiserende toernooi vir die T20 Wêreldbeker aanbreek.
Die Kraanvoël-kolwers het swak gevaar, met die uitsondering van Dinesh Nakrani wat 110 lopies van 45 balle met 13 sesse en 5 viere in die derde T20 gemoker het.
Hul boulers is heelwat skerper en dit was die ligpunt in hul mondering.
Die besluite deur hul kaptein, Brian Masaba, kan ook bevraagteken word. Hy het met die eerste twee T20-ontmoetings beide kere die loot gewen en gekies om eerste te boul. Nodeloos om te sê dat hulle beide kragmetings verloor het.
Eers in die derde T20 het Masaba weer die loot gewen en gekies om eerste te kolf en die Cranes het ’n skaflike 203 in 20 boulbeurte gemoker. Die Eagles het wel weer gewen, maar minstens het Uganda tot in die laaste boulbeurt ordentlike druk toegepas, soos wat die Namibiërs verlang.
GISTER
Uganda (108 almal uit in 36.5 bb) moes noodgedwonge vir die laaste eendagwedstryd eerste (109/1 in 23.2) gaan kolf nadat Gerhard Erasmus die munt se lê reg voorspel het.
Dinesh Nakrani met 33 (70 balle) het Uganda se meeste lopies aangeteken, terwyl die draaiers Bernard Scholtz (4/14 in 6.5 bb) en Helao Ya France (3/25 in 10, 4 leeg) die Kraanvoëls uitoorlê het.
Shaun Fouché (45 nie uit nie van 67 b), Lo-han Louwrens (33 van 37 b) en Malan Kruger (29 nie uit nie van 36 b) het Namibië se telbord met lopies gevoer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie