Eagles troef VSA in laaste botsing

Krieket
Die Eagles se topvyf kolwers het Saterdag hul kant gebring en die boulers was ook op hul stukke om die VSA tot oorgawe te dwing.
Tielman Van Lill
Die Richelieu Eagles het Saterdag by die Wanderersveld net betyds hul beste spelpeil bereik om die VSA (211/7 in 50 boulbeurte) met ses paaltjies in die laaste internasionale eendagwedstryd van die Castle Lite driehoekige minireeks van die ICC se Wêreldbeker Liga 2-reeks (CWCL2) te klop.

Die VSA is ingestuur om eerste te kolf, maar kon nie die Namibiese boulaanval behoorlik baasraak nie.

Hul topvyf kolwers kon gesamentlik slegs 87 op die telbord plaas, terwyl die oorblywende vyf kolwers vasgeskop het om 124 by hul totaal te voeg wat 19 viere en een ses ingesluit het.

Ian Holland het die meeste lopies (40) bygedra, terwyl Nosthush Kenjige (38*) en Gajanand Singh (36) ook goeie beurte gespeel het.

JJ Smit (3/35 in 10, 1 leeg) en Bernard Scholtz (3/26 in 10) het elk drie paaltjies vir die Eagles laat kantel en Ruben Trumpelmann een (1/46 in 10, 1 leeg).

Die Eagles-kolwers (212 vir 4 paaltjies in 44.4 boulbeurte) het behoorlik vuur gemaak en 21 viere asook vyf sierlike sesse oor die grenstou gejaag.

Namibië se lopies is tot groot genot van hul ondersteuners deur Divan la Cock (59 van 84 balle, 7x4, 1x6), Lo-han Louwrens (25 van 44 b, 2x4), Michael van Lingen (33 van 39 b, 4x4), Gerhard Erasmus (41 van 40 b, 2x4, 3x6), Nicol Loftie-Eaton (43 nie uit nie van 55 b, 6x4) en Jan Frylinck (9* van 6 b, 1x6) geslaan.

Vir die VSA het Holland met 2, Jessy Singh (1) en Nisarg Patel (1) slagoffers geëis.

Loftie-Eaton het die toekenning as speler van die wedstryd opgeraap met sy 43 nie uit nie en drie vangskote. Veral sy een vangkans was skouspelagtig en hy het beslis die toekenning verdien.

Namibië en die VSA het elkeen drie wedstryde die afgelope week gewen, maar op grond van hul beter netto lopietempo van 1.15 is die VSA as die wenners van die toernooi aangewys.

Assad Vala, kaptein van Papoea-Nieu-Guinee, het die toekenning vir die beste kolwer van die reeks opgeraap met 236 lopies en die hoogste telling van 94. Tangeni Lungameni het die toekenning as beste bouler met ’n totaal van nege paaltjies gewen – gebou rondom sy loopbaanbeste vertoning van 6/42 in een wedstryd teen PNG.

Vir die VSA is die CWCL2-kompetisie iets van die verlede. Hulle het hul 36 wedstryde Saterdag met 35 punte in die derde plek op die punteleer afgesluit. Namibië is vierde met 32, maar het 10 wedstryde tot volgende jaar Maart oor.

DIE HUIDIGE PUNTELYS

1 Oman 36 wedstryde (44 punte)

2 Skotland 28 (40 punte)

3 VSA 36 (35 punte)

4 Namibië 26 (32 punte)

5 Verenigde Arabiese Emirate 26 (27 punte)

6 Nepal 20 (17 punte),

7 PNG 28 (5 punte)

VOLGENDE

Nepal en Skotland arriveer vandeesweek in die land vir hul deelname aan die CWCL2 minitoernooi teen Namibië. Die spanne speel elk twee wedstryde teen mekaar.

Die Eagles stap Donderdag teen Skotland vir hul eerste eendagwedstryd op die veld.

Nepal is stert in die lug nadat hulle vandeesmaand twee van hul drie eendagwedstryde in Nepal teen die Verenigde Arabiese Emirate gewen het.

Program (al die wedstryde begin 09:30)

Donderdag 1 Desember: Namibië teen Skotland.

Vrydag 2 Desember: Namibië tn Nepal.

Sondag 4 Desember: Nepal tn Skotland.

Maandag 5 Desember: Namibië tn Skotland.

Woensdag 7 Desember: Namibië tn Nepal.

Donderdag 8 Desember: Nepal tn Skotland.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!