Jan Frylinck was Saterdagnamiddag uitstekend opdreef met 93 onoorwonne lopies. Foto Tielman van Lill
Jan Frylinck was Saterdagnamiddag uitstekend opdreef met 93 onoorwonne lopies. Foto Tielman van Lill

Eagles wys hul klas in T20’s

Krieket
Uganda het die Namibiërs Saterdag hard gedruk voor die uitslag met net een bal oor bepaal is.
Tielman Van Lill
Die vierde en laaste T20-wedstryd van die Castle Lite T20-reeks by United in Olympia is gister deur Namibië se Richelieu Eagles met 11 lopies ingepalm, om die reeks 4-0 te wen.

Uganda het Saterdag sy taktiek verander toe Brian Masaba, die Cranes-kaptein, vir die derde keer die opskiet van die munt reg voorspel het. Uganda het toe eerste gekolf en met positiewe spel ’n goeie 203 lopies vir die verlies van 6 paaltjies geslaan.

Die Eagles (204/5 in 19.5) het Michael van Lingen 8) en Niko Davin (2) goedkoop verloor, maar Gerhard Erasmus (80 van 40 balle, 8x4, 6x6) en Jan Frylinck (93 nie uit nie van 48 b, 4x4, 8x6) egter hulle ingegrawe en die hoofrol gespeel in die sege met vyf paaltjies.

Nadat JJ Smit (8) en Zane Green (8) egter uitgehaal is, moes Ruben Trumpelmann (1*) aansluit om die derde T20 se wenlopie te kom behaal, met net een bal wat nog in die 20ste boulbeurt oor was.

Veral Dinesh Nakrani, speler van die wedstryd, het die Eagles-boulers genadeloos vir 110 lopies van net 45 balle gestraf, voordat hy as bouler ook 3 paaltjies vir 26 lopies laat kantel het. Sy sprankelbeurt het 13 sesse en 4 viere opgelewer. Hy het manalleen die Oos-Afrikane vir ’n lang tyd in ’n wenposisie gehou.

Vir die Eagles het Trumpelmann 3/53 in 4 gevat, terwyl Ben Shikongo, Frylinck en Helao Ya France elk een paaltjie laat val het.

SONDAG

Vir die eerste keer was Erasmus gister in die kol om die loot te wen en sy span eerste vir ’n totaal van 186/7 te laat kolf.

Die Eagles sou beslis meer lopies op die telbord wou hê. Erasmus (67 van 38 b, 6x4, 3x6) en Gerhard Janse van Rensburg (35 van 29 b, 4x4) was Namibië se voorste lopiemakers.

Kenneth Waiswa het 3/18 in 3 vir Uganda bewerkstellig en Bilal Hassan 2/32 in 4.

Robinson Obuya (71 van 37 b, 2x4, 6x6) het aanvallend gekolf nadat Uganda binne 11.2 tot 87/4 beperk was. Op 106/5 ná 13.2 was die skrif reeds aan die muur vir die besoekers. Cyrus Kakuru op sewe (32*) en Pascal Murungi op agt (29) het uitstekend gekolf om 61 van 45 balle te slaan, maar is tot 175/6 in 20 beperk.

Ben Shikongo vat 2/31 in 4 (1 leeg) met Erasmus, Ya France, Shaun Fouché en Janse van Rensburg wat met een slagoffer elk bydra

Die twee spanne speel dié week twee eendagwedstryde, Dinsdag en Donderdag, wat om 09:30 by United begin.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!