Eerste witbal-klubwedstryd môre
Krieket
Met die meeste fokus op die nasionale senior span, asook die o.19's by die komende Wêreldbeker, kom die plaaslike klubseisoen ook weer op dreef.
Krieket Namibië hervat sy klubseisoen môre met vyf wedstryde in verskillende ligas wat in Windhoek, Gobabis en Swakopmund afgehandel word.
Die eerste spanne van CCD Tigers, Trustco United, Samsung Imperial Wanderers en WHS Old Boys ding om die 50-boulbeurt-premierligatitel mee, met die eindstryd vir 6 April bestem.
Môre pak Old Boys en United mekaar by die Wanderersveld in Pionierspark.
Wanderers het in Maart verlede jaar op sy tuisveld die premierliga-eindstryd teen Old Boys met vyf paaltjies opgeraap. Old Boys is vir 161 in 49.4 boulbeurte uitgehaal. Die gasheerspan het die teiken in 27.3 boulbeurte verbygesteek.
Bernard Scholtz was dodelik met sy linkerarm-draaiballe, met vier paaltjies vir 22 in 10 boulbeurte. Hy het drie leë boulbeurte en 46 leë balle geboul en was welverdiend die speler van die wedstryd.
Karl Birkenstock het 55 van 44 balle (6x4, 1x6) en Nyasha Nyasha 45 nie uit nie (31 balle, 5x4, 2x6) geslaan. Nyasha het die wenlopies met ’n reguit ses oor die bouler se kop aangeteken.
2023 PREMIERLIGA SE BESTES
• Die topses voorste lopiemakers
1 Niko Davin (Wanderers) 667 lopies in nege kolfbeurte (gemiddeld 83.38, kolftempo 111.9), drie honderdtalle, vier vyftigtalle).
2 Malan Kruger (WHS Old Boys) 317 lopies in agt kolfbeurte.
3 Stephen Baard (CCD Tigers) 303 lopies in vyf kolfbeurte.
4 Nyasha Nyasha (Wanderers) 268 lopies in vyf kolfbeurte.
5 Shaun Fouché (WHS Old Boys) 244 lopies in ses kolfbeurte
6 Karl Birkenstock (Wanderers) 228 lopies in ses kolfbeurte.
• Die topses voorste paaltjienemers:
1 Mauritius Ngupita (CCD Tigers) 20 paaltjies, ekonomie 3.09.
2 Danie van Schoor (Wanderers) 18 paaltjies, ekonomie 3.65.
3 Karl Birkenstock (Wanderers) 12 paaltjies, ekonomie 3.66.
4 Tawanda Sithole (CCD Tigers) 12 paaltjies, ekonomie 3.69.
5 Nyasha Nyasha (Wanderers) 12 paaltjies, ekonomie 4.07.
6 Michael van Lingen (Trustco United) 12 paaltjies, ekonomie 5.23.
Met die Welwitschias van die kus wat ná ’n onlangse seisoen uit die premierliga onttrek het, deels vanweë ’n onbeskikbaarheid van velde, duur die vraagstuk voort hoe die ongelyke vlak van kompetisie tussen net vier klubs versterk kan word. United en CCD beleef tradisioneel selde sukses teen óf Wanderers óf WHS Old Boys.
LAER LIGAS MÔRE
Premiertweedeliga (40 boulbeurte): CCD Tigers II tn Wanderers II by United.
Sentraal eersteliga (30 boulbeurte): afnaweek. Die deelnemende spanne is Gobabis, Wanderers III, CCD Tigers III, United III, Zebras I en WHS Old Boys II.
Kus eersteliga (30 boulbeurte): Blue Waters I tn Blue Waters II op Swakopmund.
Tweedeliga (noorde): Green Mambas tn WHS Old Boys III by Unamveld.
Tweedeliga (kus): Pro-Ed II tn Blue Waters III by Pro-Ed.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie