Ervaring kan vroue die trofee in Zim besorg
Hokkie
Die MTC Namibiese senior vroueveldhokkiespan het gister vanaf Internasionale Lughawe Hosea Kutako na Harare in Zimbabwe gevlieg waar hulle vanaf môre sal poog om vir die volgende Afrika-spele in Augustus 2023 in Ghana te kwalifiseer.
Die Namibiërs, ondersteun deur Standard Bank, sal een keer elk teen Malawi en Zimbabwe in groepwedstryde vir een van die twee beskikbare gleuwe meeding. Die eindstryd word Sondag 12:00 gespeel.
Melissa Gillies, hoofafrigter, het aan Republikein gesê: “Ons is super opgewonde oor die uitdaging. Die vroue is goed voorbereid en fiks. Ons het die afgelope weke twee sessies per week aan tegniese asook taktiese voorbereiding bestee.
“Ons eerste wedstryd is Woensdag teen Malawi en dan kom Zimbabwe Donderdag aan die beurt. Die een teen Zimbabwe gaan die moeilikste wees.
“Die Namibiese span is ’n goeie mengsel met ervaring en jeug. Ons het wel Januariemaand gelykop teen Zimbabwe in Ghana gespeel, maar van die spelers wat nie in Ghana kon speel nie, is nou in die span. Die rede was dat hulle vir die Binnenshuise Wêreldbeker tuis moes bly wat in Switserland sou plaasvind.
“So, daar is spelers in die span wat die Zimbabwiërs ken en daar is natuurlik die jonger spelers om hulle aan te vul. Die spelers is ongelooflik positief en sien uit na die toernooi. Ons moet eenvoudig in die finaal speel en Namibië se plek vir Ghana bespreek.
“Die plan is natuurlik om ons wêreldranglysposisie te verbeter en as Namibië al sy wedstryde onoorwonne in Harare kan afsluit, sal ons meer ranglyspunte verdien. Dan mik ons om vir die 2026 Statebondspele in Australië te kwalifiseer.
“Ons het dus ’n langtermynplan in werking en doelwitte om na te streef.”
Johan Weyhe, Namibië se spanbestuurder, sê: “Ek dink die spelers is verskriklik opgewonde. Die gedagte om te kan speel en te kan kompeteer, het hulle baie positief gemaak.
“Die span is in goeie hande met Melissa wat presies weet wat sy met die span doen. Die spelers is vol selfvertroue en gemaklik met die kompetisie wat voorlê. Ek was natuurlik nog altyd ’n afrigter en nooit ’n spanbestuurder nie. Dalk mag ek sou nou en dan ’n bietjie raad gee. Ek dink ons gaan die trofee huis toe bring.”
Die span is Petro Stoffberg (doelwagter), Anthea Coetzee, Azaylee Philander, Berencia Diamond, Caitlin Gillies, Charlize Rix, Gillian Hermanus, Jahntwa Kruger, Jaime Gillies, Jerrica Bartlett, Jivanka Kruger, Kaela Schimming, Marcia van Zyl, Sunelle Ludwig, Tara Myburgh, Tisha Semedo en Vanessa Shoeman.
Namibië is tans 42ste op die FIH se ranglys, met Zimbabwe 54ste, terwyl Malawi nie op die ranglys verskyn nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie