Geelong eerste toets vir Eagles
Krieket
Namibië se Super 12-kwalifisering by die T20-Wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) was verlede jaar dié sprokiesverhaal wat internasionaal en plaaslik ongekende groei in hul gewildheid meegebring het.
Eagles-ondersteuners sal dié maand dieselfde verwagtinge van sukses in Australië by die T20-Wêreldbeker van kaptein Gerhard Erasmus, Pierre de Bruyn (hoofafrigter) en hul span koester.
Die Eagles sal egter opnuut in die eerste ronde teen Sri Lanka, Nederland en die VAE moet woeker, want net twee uit die vier bly aan vir die ernstige gedeelte.
Ná hul geskiedkundige deurbraak verlede jaar kon die Eagles darem een Super 12-wedstryd teen Skotland wen.
Hulle het wel goeie oomblikke teen die sterbelaaide Indië, Afghanistan, Pakistan en veral met tye teen Nieu-Seeland beleef, maar dié toplande se vernuf was uiteindelik te veel vir die Namibiërs se planne.PAD NA SUPER 12
Namibië se openingswedstryd teen Sri Lanka by Kardinia Park in Geelong op 16 Oktober kan opnuut ’n strawwe leerskool vir die Namibiërs wees.
Die Eagles moet twee van hul wedstryde wen om in die Super 12 hul plek in te neem.
Dus is hul botsing teen Nederland by Geelong op 18 Oktober van kardinale belang vir hul vooruitsigte. Verlede jaar moes die Eagles 165 teen Nederland vir ’n oorwinning jaag en David Wiese se 66* van 40 balle saam met die kolfwerk van Erasmus en JJ Smit was ’n goed berekende vertoning.
Die Nederlanders het ná ’n onstuimige 2021-veldtog hergroepeer en kan dié keer in Geelong ’n strawwer uitdaging bied.
Die VAE (20 Oktober) is onvoorspelbaar, maar as die Eagles op al hul silinders vuur, is hulle deeglik in staat om die Emirate te bêre.
SLEUTELFIGUUR
Erasmus het verlede jaar ten spyte van ’n gebreekte ringvinger deurgedruk en sy kwaliteit as kaptein, kolwer en wegbreekbouler in die Wêreldbeker uitgestal. Hy bly stewig in die resies as beste kolwer uit enige land met ICC assosiaatstatus.
Erasmus is in staat om die veld met goeie plasings te manipuleer; hy stuur ’n verskeidenheid balle af en kolf teen ’n treftempo van meer as 130 persent met ’n gemiddeld van meer as 34 per kolfbeurt. Sy energie en leiding in die veld is onmisbaar.
OPSOMMEND
Die Eagles se opgang by die T20-WB het die krieketvure tuis aan die brand gesteek. In elke Eagles-speler brand sekerlik ’n vurige vasbeslotenheid om selfs beter as verlede jaar te vaar.
Buiten die uittrede van Craig Williams, bly die kern van die groep vir Australië grootliks dieselfde.
Die byvoeging van twee jong kolwers bied bykomende opsies. Die 19-jarige Divan La Cock het die afgelope seisoen sy kolfklas bevestig. Lo-han Louwrens, ’n gewese o.19-Wêreldbekerkaptein, kan die paaltjiewagterhandskoene oorneem indien Zane Green op die dag nie die elftal haal nie.
Hul insluiting dui op ’n moontlike verandering aan die topkolforde. Die grootste kritiek teen die Eagles verlede jaar was hul middelmatige wegspring tydens die kragspelboulbeurte. Die benadering om versigtig te begin, het in die eerste ronde die platform vir houeslaners soos Erasmus, Wiese en Smit geskep om in die middelorde lopies te moker.
Hoewel dit met tye gewerk het om veilig in die kragspelperiode te kolf, gaan dit nie die Eagles se evolusie aanwakker nie.
Smit word as die sewende beste veelsydige speler op die ICC se T20-ranglys aangedui. Sy deelname as hotkloubouler in Australië is egter seker weens ’n knaende kniebesering.
Namibië het steeds geen tekort aan linkerarm-naatbouleropsies nie. Ruben Trumpelmann boul die vinnigste en het twaalf T20I-paaltjies vir 337 lopies teen gemiddeld 28.08 lopies laat kantel.
Jan Frylinck, De Bruyn se “straatvegter”, is die suksesvolste met 51/768 teen 15.05. Die ortodokse Bernard Scholtz (39/676 teen 17.33) sal die Geelong-oppervlak geniet, mits hy die kort grense kan vermy. Erasmus se regterwegbreke (19/295 teen 15.52) behoort meer ingespan te word.
Die Eagles se WB-groep: Gerhard Erasmus, JJ Smit, Divan la Cock, Stephen Baard, Nicol Loftie-Eaton, Jan Frylinck, David Wiese, Ruben Trumpelmann, Zane Green, Bernard Scholtz, Tangeni Lungameni, Michael van Lingen, Ben Shikongo, Karl Birkenstock, Lohan Louwrens, Picky Ya France.– www.icc-cricket.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie