Toady Gurirab, wat saam met sy afwesige vrouespanmaat Martha Murorua die kompetisie gewen het, word gelukgewens deur Natasja Louw as verteenwoordiger van Nalgu. Foto verskaf
Toady Gurirab, wat saam met sy afwesige vrouespanmaat Martha Murorua die kompetisie gewen het, word gelukgewens deur Natasja Louw as verteenwoordiger van Nalgu. Foto verskaf

Gemengde pare hou vrouespelers ontwikkel

Gholf
Die eerste gemengde parekampioenskap van die Namibiese Amateur Vrouegholfunie (Nalgu) is die afgelope naweek by die Windhoek Buiteklub se baan afgehandel.

Die hoofdoelwit was om meer aktiewe vrouespelers in die sport te betrek. Altesame 23 gemengde pare het deelgeneem, asook sewe manskombinasies wat nie vroulike speelmaats kon kry nie en in ’n afsonderlike kompetisie meegeding het.

Toestande was winderig en gedeeltelik bewolk, maar die kompetisie is goed bygewoon en die spelers het hulself geniet.

Die voorste vyf gemengde spanne was:

1 Martha Murorua en Toady Gurirab (51 punte)

2 Celonika Robinson en Pikkie Robinson (49)

3 Dewald Coetzee en Alicia Coetzee (48)

4 Chantel Visser, en Andre Visser (47, uittel)

5 Ester van Taak en Burger van Taak (47)

Pryse vir houe naaste aan die pen is deur Ian Wood (putjie 3), Alvine Samuel (putjie 9), Wilhelmina Maree (putjie 13) en Toady Gurirab (putjie 17) ingepalm.

Daar was ook pryse vir die pare wat die meeste gholf gespeel het (Lisethe Murise en Jonas Lungameni) en die bes geklede paar (Lovisa Vilho en Laban Malule)

Die topdrie spanne in die manskompetisie was:

1 Willem Triegaardt en Mike Beavis (48 punte)

2 Claud Abrahams en Riaan Schwartz (46)

3 Charles Lohmann en Jayson Zulch (45)

• Komende Saterdag kry die Buiteklub sy beurt om ’n toernooi in die Nedbank for Autism-reeks aan te bied, wat ’n individuele stableford sal wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!