Joe Schmidt (links) is deesdae die All Black-hoofafrigter, Ian Foster, se regterhand. Schmidt het Ierland van 2013 tot 2019 afgerig. Foto Getty Images
Joe Schmidt (links) is deesdae die All Black-hoofafrigter, Ian Foster, se regterhand. Schmidt het Ierland van 2013 tot 2019 afgerig. Foto Getty Images

Ierland ‘nie bekommerd’ oor Schmidt-faktor

WB-rugby
Ierland hoop om al 33 lede van sy Wêreldbeker (WB)-groep beskikbaar te hê vir Saterdagaand se kwarteindstryd teen Nieu-Seeland, ondanks die feit dat die slot James Ryan dié week ’n spesialis oor ’n polsbesering moet raadpleeg.

Ryan en die vleuels Mack Hansen (kuit) en James Lowe (oog) was op die Iere se beseringslys ná Saterdag se finale groepwedstryd teen Skotland.

“James Ryan het ’n afspraak by ’n spesialis en ons hoop vir beter nuus as wat aanvanklik vermoed is,” sê Mick Kearney, Ierse spanbestuurder.

“Mack Hansen het ’n hou op sy kuit gekry en James een teen die oog, maar albei maak goeie vordering. In die stadium is almal in ons groep verkiesbaar vir Saterdagaand se wedstryd.”

Ierland het in 1905 ’n eerste keer met die All Blacks kragte gemeet, maar moes tot 2016 wag om ’n sege oor die Kiwi’s te vier – in Chicago.

Die voorste span in wêreldrugby het egter sedert dié geskiedkundige dag in die VSA nog vier uit sewe toetse teen Nieu-Seeland gewen.

In 2019 in die vorige WB-toernooi het die All Blacks egter maklik met Ierland klaargespeel in die kwarteindronde. Die telling was 46-14.

Ierland se eerste welslae teen Nieu-Seeland in Chicago en twee jaar later in Dublin het gekom toe Joe Schmidt nog die Iere afgerig het.

Hy is deesdae een van Ian Foster, All Black-breier, se hulpafrigters.

“Dit gee (die wedstryd) beslis ’n ander dinamika. Hy was ’n ongelooflike afrigter vir ons en het die span na ’n heel ander vlak geneem,” sê Kelleher.

Die Ierse haker Ronan Kelleher: “Baie word gesê oor Joe wat ons spelers so goed ken, maar ek dink al die spanne se spelers ken mekaar so goed dat dit nie noodwendig ’n voordeel is nie.”

– Reuters, Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!