Janré beste by muur
Muurbal
Die jong muurbalspeler Janré Olivier van Wanderers as die Nictus Wanderers Junior Ope kampioen bekroon nadat 23 spelers mekaar twee naweke gelede oor twee kompetisiedae uitgedaag het.
Spelers van Windhoek, Swakopmund en Walvisbaai kon in die A- en B-afdelings deelneem. In die topagt van die A-afdeling was daar ’n paar kookwater botsings.
Olivier het sy klubmaat Keagon Mouton in die eindstryd in drie skoon stelle met 3-0 vir die ope titel verslaan.
Vir die derde posisie het Kai Duvel van Swakopmund-muurbal vir Jonathan Abbot van Buccaneers met 3-1 oorrompel.
In die B-afdeling het Jade Dorn die eerste plek opgeraap met Jona Hitula tweede en Arman Scholtz derde.
“Wanderers bedank graag vir Nictus, ons hoofborg, vir hul volgehoue ondersteuning van junior muurbal. Dankie ook aan Fabu-Farm, die ouers asook toeskouers wat die toernooi ondersteun het,” het Wanderers-muurbalklub in ’n mediaverklaring gesê.
Die volgende junior kompetisie sal deur Swakopmund-muurbalklub op 24 en 25 Maart aangebied word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie