No Image Caption

Junior proewe by Jukskeipark

Jukskei
Die Namibiese junior jukskeiproewe sal Vrydag om 15:30 by Jukskeipark in Olympia begin.

Die registrasie word om 14:30 gedoen, voor die amptelike opening om 15:00. Saterdagaand sal die spanne aangekondig word wat na Kroonstad reis om aan die Suid-Afrikaanse junior toernooi te gaan deelneem (10 tot 16 Desember).

Namibië Jukskei wens al die juniors sterkte toe met Vrydag se proewe.

COEN BRAND

ATKV OPE DAG

Komende Saterdag vind die jaarlikse Coen Brand ope dag by Jukskeipark in Olympia plaas. Die opening sal 07:00 wees, voor die eerste wedstryde om 08:00.

Die prysuitdeling is vir 18:00 geskeduleer en dan word die junior spanne ook aangekondig wat in Desember na Kroonstad sal reis.

Dié toernooi bied aan klubs vanoor die hele land die geleentheid om teen mekaar mee te ding. Strawwe mededinging word verwag tussen die klubs van die Noorde, Suide, Weste en Sentraalstreek om teen Saterdagaand as kampioenspan gekroon te word.

Daar sal in drie afdelings (A, B en C) meegeding word.

Saterdag sal ook ’n skoleliga plaasvind, met ’n hoër- en laerskool- asook ’n tjokkerafdeling, wat altyd ’n belewenis is om na uit te sien. Vyf ­Napso-spanne sal ook deelneem.

Namibië Jukskei wens alle spelers sterkte toe met die proewe asook met die Coen Brand-toernooi en nooi ook die publiek uit na ’n Saterdag propvol jukskeiwedstryde.

Die orgniaseerders spreek hul dank uit aan die ATKV wat die medaljes vir die dag borg.

Belangrike datums vir 2022:

• 05 November – Suide Streekkampioenskap op Stampriet

• 10-16 Desember – SA junior kampioenskap op Kroonstad

Vir enige belangstelling in jukskei in Namibië kan die webblad www.jukskei-nam.com besoek word, of kontak Erik Strauss by 081 122 2743.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!