Kariata en kolwers blink op toer
Krieket
Die Eagles slyp teen die Pretoria-franchise vir nog 'n hoogs kompeterende seisoen wat voorlê.
Die voorseisoense opwarmingstoer het vir die Namibiese Richelieu Eagles met ’n spannende neerlaag met vier lopies afgelope Sondag teen die Titans op SuperSportpark in Centurion begin.
Afrigter Pierre de Bruyn en sy span, onder die kapteinskap van Gerhard Erasmus, berei hulle voor op ’n deurslaggewende seisoen, wat onder meer die aanbieding van die Afrika-uitduntoernooi vir die ICC T20 Wêreldbeker (2024 in Wes-Indië en VSA) vanaf 20 November tot 1 Desember in Windhoek sal insluit.
Die Eagles, wat in 2021 (in Sri Lanka) en 2022 (Australië) hul eerste twee verskynings by die T20 Wêreldbeker gemaak het, sal volgende maand teen Zimbabwe, Kenia, Nigerië, Uganda, Rwanda en Tanzanië opgeweeg word. Die toptwee spanne sal deurdring na volgende jaar se T20 Wêrelbeker, wat vir die eerste keer tot 20 spanne uitgebrei is.
Sondag het ’n honderdtal deur Dayyaan Galiem (100 van 97 balle) aan die Titans ’n totaal van 274/5 in hul 50-beurtwedstryd teen Namibië help besorg.
’n Ligpunt vir Namibië was die vertoning van Junior Kariata, die jong aanvangsbouler wie se drie paaltjies (3/33 in 8 bb) onder meer die gesoute Proteas Dean Elgar (b.v.p. vir 2 van 9 balle) ingesluit het.
Kariata, wat onlangs uitgeblink het om die Namibiese junior span in Tanzanië vir die o.19 Wêreldbeker komende Januarie te help kwalifiseer, het ook die Titans se blink jong kolwer Dewald Brevis (1 van 5 balle) deur Gerhard Erasmus laat uitvang.
Die Pretorianers se aanvangskolwer Neil Brand (17 van 20 balle, 2x4 1x6) het gevaarlik begin totdat Erasmus hom van ’n Kariata-aflewering uitgevang het.
Donovan Ferreira (38 van 28 balle, 3x4 3x6) het uiteindelik die voorste ondersteuning aan Galiem gelewer.
Namibië se draaibouler Bernard Scholtz was ook op sy stukke met 3/50 in 10 boulbeurte. Shaun Fouché het 2/30 in 6 bb geneem.
Karl Birkenstock, wat op die toer ingesluit is toe Ruben Trumpelmann sy enkel beseer het, het 0/16 in 2 bb afgestaan, terwyl Jan Frylinck (1/36 in 6) die paaltjie van nommer drie Rivaldo Moonsamy (gevang Pikky ya France, vir 16) gekry het.
EAGLES-KOLFBEURT
Namibië het net 5 lopies op die telbord gehad vir die vroeë verliese van Shaun Fouché (4 van 13 balle)) en Malan Kruger (1 van 10) as aanvangspaar, asook nommer drie Michael van Lingen (0 van 6).
Die herstelwerk is deur Erasmus (92 van 95 balle, 10 viere, drie sesse) saam met Jan Frylinck (54 van 74 balle, 6x4 1x6) aan die gang gesit.
Toe Frylinck agter die paaltjies gevang is en hul vennootskap ná 151 lopies verbreek is, het JJ Smit ingestap en van hom laat kennis neem met 79 lopies van 63 balle (ses viere, vyf sesse).
Drie deurbrake deur Galiem het die momentum teruggeswaai, toe hy van Zane Green (1) en twee boulbeurte later met opeenvolgende balle van Ya France (1) en Alexander Volschenk (0) ontslae geraak het.
Die laaste kolfpaar Bernard Scholtz (18 nie uit nie van 27 balle) en Birkenstock (1* van 2 balle) het Namibië se kolfbeurt op 270/9 laat eindig – net vier lopies kort van die Titans se totaal.
• Die Eagles en die Titans pak mekaar vandag in twee T20-wedstryde en sluit môre met nog een T20-stryd af.
Ben Shikongo, Dylan Leicher en Tangeni Lungameni was gister die ongebruikte drie toerspelers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie